Ek het uiteindelik ‘n nut vir die iPad gevind

Terwyl ek die naweek van Johannesburg af terug Kaapstad toe gevlieg het, het ek uiteindelik iets gevind waarvoor die iPad (na my mening) nuttig kan wees.

Op OR Tambo was 'n stalletjie waar The Times gratis eksemplare van die koerant beskikbaar gestel het aan passasiers. Ek het een geneem met die doel om dit op die vlug te lees, heel ingenome met 'n koerant “who just gets it” en nuuskierig oor die beweringe rondom Alan Knott-Craig.

Tydens die vlug het ek egter vinnig herontdek hoe ongemaklik dit is om 'n koerant in 'n vliegtuigsitplek te probeer deurblaai – veral met Die Skatlam langs my wat ook nog besig was om een te lees. Dit was, om die minste te sê, 'n ongemaklike besigheid.

Die gedagte tref my toe: bloody hell, dit sou lekker wees om nou 'n iPad te hê hiervoor.

Want, frankly, dit sou.

Enige ander maatskappy se tablet pc wat oor die volgende paar jaar vervaardig word, sal natuurlik deug as 'n identiese oplossing vir bogenoemde dilemma. Hierby is 'n iPad in elk geval heeltemal te duur om bloot een keer elke paar maande vir 'n uur of wat koerant te kan lees. Dat dit 'n gemaklike konsep is, is egter onbetwisbaar.

So, there we go. Ek dink nog steeds die iPad is maar 'n middelmatige toestel, maar ten minste het ek ietwat van 'n nut daarvoor ontdek. Dis wel nou nie 'n killer app nie, maar dis darem beter as gangkrieket.


*update* Bygesê, die iPad (of enige ander soortgelyke toestel), benodig internettoegang om hoegenaamd nuttig te wees soos ek dit hierbo beskryf. Passasiers van Suid-Afrikaanse binnelandse vlugte word volgens wet verplig om hul selfone en ander internettoestelle tydens vlugte af te skakel. Which renders the whole idea ‘kinda moot… *update*

This entry was posted in Sommer. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>