Verskoon tog die algehele stilte – ek het 1 Februarie voltyds by 'n nuwe werknemer begin…wel…werk…en sukkel nog om 'n behoorlike roetine tussen die werk en hierdie blog te kry. (En Driehoek en Sirkel! Daar is soveel episodes wat al in my kop ronddryf.) Dan is daar natuurlik die netelige kwessie van die bandwydte by my woonstel wat op is en my eerste salaristjek wat so naby en tog so ver is.
Terwyl ek dus my lewe agtermekaar kry (sjoe, daai’t emo geklink) – hier is ten minste 'n dowwe selfoonfoto van my in my huidige werksomgewing. Soos dit enige goeie werknemer betaam, werk ek russian style met my sleutelbord op my skoot. (En met 'n ander rekenaar se CRT wat ek ontfutsel het – want, frankly, 'n mens kan net nie met 1 skerm werk nie.)
Gelukkig is my werkgewers goeie, rasionele mense – meer en beter toerusting is onderweg. Tot dan is dit ek, die skermpie en die witbord teen die muur. Whoo!
