Ek wou nog altyd my kind Hash (#) genoem het. Die kindjie sou eerste wees in al die telefoonboeke op aarde. Hy of sy sou bo aan elke VIP lys verskyn – trouens, bo aan ALLE lyste.
En nou’t Twitter alles kom opskroef met hulle hashtags.
Wee my! Wee my, want my hash is weg! Dit brand soos 'n pyl in my! Die mense sien daar niks van nie – en Google weet ek ly!
Pfft.
My hart bloei roomtertjies.