Met apologie aan almal vir wie ek onder normale omstandighede baie respek het.
Wanneer ek die volgende woorde oor die US-raadsverkiesing (wat tans aan die gang is) in Die Burger lees, is dit vir my moeilik om nié te wil dink: og, te kostelik! nie:
Die Burger het gister berig oor twee groepe wat spesifieke kandidate steun en 'n verkiesingsveldtog onder meer per e-pos loods.
Dr. Rhoda Kadalie, een van die 15 kandidate wat benoem is om in die konvokasie van die US-raad te dien, was hoogs ontsteld omdat sy gekoppel word aan 'n spesifieke groep.
Dié groep – onder aanvoering van proff. Hermann Giliomee, Lina Spies, dr. Marié Heese en mnr. Jacko Maree – lys Kadalie met prof. Wannie Carstens, dr. George du Toit en adv. Jan Heunis as een van hul konvokasiekandidate. Mnr. George Steyn is hul kandidaat vir die donateursafdeling.
‘n E-posveldtog?
Uh huh?
Wat 'n vreesaanjaende, byderwetse skoktaktiek!