Het jy ‘n superras poliglotte in jou broeksak?

Ek is nie juis 'n groot aanhanger van die taaldebat op hierdie stadium nie (meestal omdat die huidige debat wat op publieke platforms heers nie meer die woord “debat” werd is nie) en hierdie inskrywing is nie 'n poging om 'n standpunt vir een of ander “kant” in te neem nie, maar dit het my Vrydagaand opnuut tydens 'n braaivleisgesprek getref dat die sogenaamde t-opsie in die praktyk niks minder as 'n akademiese aborsie is nie.

Sjoe, dit was 'n lang sin.

Ek onthou 'n lesing wat in my derdejaar deur 'n dierbare professor aangebied is. Die professor was Afrikaanssprekend, maar die betrokke module het vereis dat sy in die t-opsie moes klasgee. Benewens die oormaat Afrikaanse studente, was daar ook 'n paar internasionale studente en studente wie se huistaal Engels is in die klas teenwoordig.

Een oomblik is nou nog glashelder in my geheue: hoe die professor besluit het om te verduidelik wat twee mense by 'n supermark gemaak het. Ek kan nie onthou hoe dit ingepas het by die hele lesing nie (en hoekom op aarde dit nodig was nie), maar haar woorde het rofweg so verloop:

Sien, so wat gebeur het, is dat sy by die plaaslike SPAR (its a place were you…um…buy groceries) gaan kos koop het, en daar toe haar vriend ontmoet het, wat verlief was op haar. (He…He was quite in love with her.) Sy het egter nooit van sy gevoelens vir haar geweet nie en altyd net voortgegaan asof alles normaal was. Hy, egter, het aan die binnekant gesterf wanneer hy haar gesien het. Trouens – hy was al sedert hul laerskooljare saam op haar verlief. (It was unrequited love.)

[nog irrelevante inligting met skrapse Engelse sinne]

Die probleem hiermee was natuurlik dat die internasionale studente slegs die volgende kon verstaan:

its a place were you…um…buy groceries…He…He was quite in love with her..It was unrequited love.

‘Nie baie moeilik om te sien wat hiermee skort nie, is dit?

Behalwe as enigiemand 'n superras poliglotte in hul broeksakke wegsteek, dink ek nie hulle kan met reg 'n argument ten gunste van die t-opsie aanvoer nie.

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>