Nou dit…

…is ‘n interessante verwikkeling:

Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga, het van sy eie medisyne gekry toe afgevaardigdes by die jeugliga se provinsiale konferensie hom gekoggel en gekeer het om sy toespraak te lewer.

Die ANC-jeugliga in Limpopo se verkiesingskonferensie is in chaos gedompel nadat Malema sy steun toegesê het aan Jacob Lebogo, die ANC-jeugliga se streeksekretaris, wat Lehlogonolo Masoga, huidige provinsiale jeugligaleier, uitdaag.

Die gemoedere het so hoog geloop dat die polisie met 'n waterkanon en rubberkoeëls op jeugligalede buite die konferensiesaal losgebrand het. Minstens drie afgevaardigdes is in die hospitaal behandel.

This entry was posted in Politiek and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>