Vonk my anus

thumbnail[1]

"VONKE FTW!"

Soms, wanneer die swakheid my beetpak, beland ek op Huisgenoot se webtuiste en lees 'n artikeltjie of twee. Dit bevat gewoonlik dan iets amusant. Soos:

“Ons is saam en ons is gelukkig, maar dis privaat,” sê sy met 'n skaam laggie. Sy erken wel die vonke tussen hulle het gesorg vir iets heel spesiaals voor die kameras. “Dis belangrik dat daar 'n vlam tussen die hoofkarakters in 'n fliek moet wees, en dit help as daar ook 'n vonk tussen die akteurs is,” sê sy.

Elizma Theron oor haar en Theuns Jordaan se verhouding in die film Jakhalsdans.

Cute, eh?

Cute en dalk 'n rapsie oningelig.

Die hele punt van 'n goeie akteur is dat hy of sy goed kan toneelspeel, aldus: 'n rol uitmuntend kan vertolk selfs al is dit teenoor iemand wat hy of sy in die regte lewe verafsku. Al speel jy in 'n romantiese komedie teenoor Robert Mugabe, sal jy – as jy jou sout as akteur werd is – nie swakker of beter toneelspel lewer bloot omdat jy 'n persoonlike opinie oor hom het nie.

Behalwe as jy 'n amateur is, sal jy nie sulke woorde kwytraak nie.

Vonk my anus.

This entry was posted in Film and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>