‘n Klomp “regse” Swede (die sogenaamde Sweedse Weerstandbeweging, of SWB) het die Suid-Afrikaanse vlag tydens 'n protesaksie by die Suid-Afrikaanse ambassade in Swede verbrand. Vir hulle en hul premoderne rite het ek dieselfde woorde as vir enigiemand anders wat helder oordag staak (en vullisblikke omstamp of liedjies in 'n stadion gaan sing tot die daeraad wens hy was eerder die Armageddon) naamlik: GET BACK TO WORK.
Of gaan terug skool toe.
Niemand is produktief as hulle plakkate rondswaai nie.
Srsly.
As jy nie Svenska verstaan nie, installeer Google Chrome. Dit het 'n outomatiese vertaalopsie.