e-pos #FAIL

Een van die meer frustrerende dinge van 'n kantooromgewing is dat mense e-pos gebruik om konflik (of sommer net werk oor die algemeen) te vermy en verantwoordelikheid van hulself af te probeer skuif. (Waarskynlik sodat hulle verder kan Facebook.) As jy in 'n kantooromgewing werk, weet jy waarvan ek praat*:

Goeiemiddag, Jaap!

Dankie vir jou e-pos. Dis egter nie my verantwoordelikheid nie. Ek stuur dit aan Klaas (Projekbestuurder: Gebouplanne), wat in beheer is van hierdie projek.

Klaas, kan jy vir Jaap help? Hy wil weet waar die gebou se retirades gesitueer is.

Vriendelike groete

Piet de Plas

Assistent-bestuurder: Nuwe Sanitêre Ontwikkelinge en Ablusie-illuminasie

Die Maatskappy

123 456 7890

pdup@diemaatskappye.bla

___

“Hondjies en kattertjies vir Jesus!!!!”  ~ Sokrates

*Fiktiewe voorbeeld. Sweer.

Dit ontaard gewoonlik in 'n ellelange string e-posse wat aan 'n onnodige klomp mense gestuur en ge-CC word (wat gewoonlik loopafstand van mekaar sit) en 'n ledige gerondskuif van iets wat dikwels eintlik 'n onsettende eenvoudige takie is – een wat neef Piet eintlik maklik kon kafdraf en nie eintlik buite sy verantwoordelikhede val nie.

Maar Piet kon nie.

Want dis nie Piet se amptelike werk nie.

Piet sit net die ligte in.

This entry was posted in Sommer and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>