Egoli se agterlike voorskou

Ek is teleurgesteld in die Egoli-voorskou – nie omdat ek veel omgee oor Egoli nie, maar omdat die mense wat dit vervaardig waarskynlik baie geld gekry het vir hulle brouwerk.

Die Egoli voorskou op Youtube, geplaas deur 1southafricatv, het die meegaande, apologetiese frase: “Sorry about the bad quality :-) ” as beskrywing en iemand (waarskynlik 'n werknemer van dieselfde maatskappy) het verder verskoning gemaak vir die kwaliteit van die sogenaamde “LOW RES trailer”, met die rasionaal dat dit sleg lyk ten einde aflaaibaarheid te vergemaklik:

n00bz

Die rasionaal dat 'n video sleg moet lyk sodat dit die eindgebruiker minder kos, is gebaseer op onkunde oor hoe Youtube (eintlik sommer codecs oor die algemeen) werk.

Wanneer 'n video by Youtube opgelaai word, word dit eers deur Google se eie sagteware verwerk. Die sagteware lees die video, ontdek watter codec dit gebruik, teen watter resolusie dit gespeel moet word en render dan verskillende nuwe weergawes in soveel moontlik van die volgende vier resolusies: 320p, 480p, 720p en 1080p.

Die oorspronklike video word hierna uitgewis. Of dit dus 10GB of 23KB groot is, is irrelevant. Die eindgebruiker gaan dit nooit aflaai nie.

Elkeen van die nuwe renders word met die H.264 codec geënkodeer – 'n codec wat bekend is vir goeie beeldkwaliteit en klein file sizes. Goeie beeldkwaliteit in hierdie geval is egter slegs moontlik indien die oorspronklike video reeds van 'n goeie kwaliteit is om mee te begin. Deur 'n lae kwaliteit video op te laai, kortwiek jy bloot Youtube se enkoderingsproses en veroorsaak jy dus swakker video wat in elk geval bykans net so groot is as wat dit sou wees as wanneer 'n hoë kwaliteit weergawe opgelaai word.

Enigiemand wat vandag hul sout werd is as vervaardiger, behoort basiese kennis hieroor te hê.

This entry was posted in Film. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>