As jy nog nie die voorreg (…dalk nie heeltemal die regte woord om te gebruik nie, maar ewenwel…) gehad het om Die Antwoord op 'n verhoog te beleef nie: ek het twee kaartjies om weg te gee vir hulle vertoning Woensdag die 16de Junie in die CTICC in Kaapstad.
Al wat jy moet doen om dit te wen, is om voor môre-aand 19:00 via kommentaar onderaan hierdie inskrywing te vertel hoekom jy die kaartjies verdien. Geen fynskrif nie. Die beste antwoord kry die kaartjies. (Maak net seker jy verskaf 'n geldige e-posadres in die comment form, anders kan ek jou nie kontak nie.)
Kaartjiehouers kan Woensdag vanaf 12:00 – 04:00 by die CTICC die dag se sokker (Suid-Afrika speel onder andere teen Uruguay) op ses 8m x 6m skerms kyk. Die Antwoord, Steve Sutherland en andere sal tussen wedstryde optree. (Sien www.coolbritanniasa.com vir meer inligting.)
g0g0g0!
*edit*Hartlik geluk aan Wortel, wat twee kaartjies gewen het met sy 5 redes. Enigiemand wat weet hoe om te rocketjump en boonop bereid is om met bokhael by ruite uit te duik, verdien om te wen.*edit*