Misterie vs Kennis

Persoon X in gesprek A:

God, buite tyd en ruime, is 'n misterie waarvoor ons maar net in verwondering kan staan. Onverklaarbaar. Onverstaanbaar. Immer onwykend. Ons, nietig en klein, sal hom nooit kan peil, nooit kan begryp, nooit kan vasvat nie.

Persoon X in gesprek B:

Die Here jou God is 'n selfsugtige god. Hy eis onverdeelde lof en trou en verwag dat jy met jou hele hart, krag, siel en verstand ten volle aan hom gewy moet wees en dit, liewe broers en susters, is maar net een van die vele dinge wat ons van God af weet. Ons het immers nie verniet gesistematiseerde, gedetailleerde geskrifte oor Sy aard tot ons beskikking nie. Hy laat brand dié wat nie in hom glo nie en sal dit verkies as jy van die teenoorgestelde geslag hou. Ook, moet liefs nie te veel vloek nie.

So sê die Here.

This entry was posted in Godsdiens and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>