Mense wat Pajero’s ry is snaaks – hoofsaaklik omdat “Pajero” Spaans vir “wanker” is.
Ook, daar’s 'n sekere soort identiteit wat besig is om stadig maar seker 'n lepel in die dak te steek:
Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hul beleggings praat en onderlangs wedywer vir die duurste 4×4, die grootste strandhuis, die regte skilderye en die vetste bankrekening (en so af en toe die nuutste André Rieu-CD). Die soort wat in die 1960’s ontpop het, toe die Afrikaner begin ryk raak het. (Dis oor hulle en hul BMW’s wat Johannes Kerkorrel graag gesing het.)
Lees die res hier.