Van die reaksies op my nuutste rubriek is (heel verstaanbaar) uiters emosioneel:
Ek is dood.
Ek bedoel dit nou nie metafories of simbolies of whatnot nie. Ek is letterlik dood. Opgekerf. Aan flarde gesny deur 'n ruwe barbaar met 'n lang mes. Bloed koek om my slape, vlieë krioel in my neusgate. Kraaie pik my oë uit waar ek onderstebo aan 'n voorstedelike lamppaal hang en saggies in die wind wieg.
Ek stink al.
Lees die res hier.
Die rubriek het intussen ook op Boerevryheid gaan draai. Kommentaar daar is nie juis liefderyk nie.