Waar is George Claassen as jy hom nodig het?

Sy voorouers was nie ape nie.

Piet Strauss, moderator van die NG-Kerk, het in die tydskrif Juig kwytgeraak dat hy nie in evolusie glo nie, maar in “die Bybelse skeppingsleer met God-Drie-enig as Skepper van die hemel en aarde”. Ook: hy “dink daar kan binne die soorte van plant, dier en mens evolusionêre verandering plaasvind”.

Nou, dit is natuurlik so dat Strauss se standpunt nie die amptelike standpunt van die NG-Kerk verteenwoordig nie. Ek hoop van harte mense klim nie op die bash-die-NG-Kerk lawaaiwa hieroor nie. Daar is natuurlik ook niks fout daarmee om 'n opinie van jou eie te hê nie – selfs Dan Roodt het opinies van sy eie.

As ek egter vir Strauss in 'n donker stegie kon raakloop, sou ek graag die volgende drie dinge vir hom wou sê:

1.”Dude”

2. “WTF?”

3. “FACEPALM”

Want liewe aarde, so 'n onsinnige uitbraking van Oom Kent en kie het ek lanklaas gesien.

Waar is George Claassen as jy hom nodig het?

Bron: Beeld.

This entry was posted in Godsdiens and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>