Persoon X in gesprek A:
Hoe durf hulle my kind skors oor hy 'n vervlakste eerstejaartjie ingelyf het? Dis heeltemal pateties! Die kinders van vandag het nie meer ruggraat nie! Hulle is lig in die broek! Ek staan bankvas agter my seun! Doop is hier om te bly!
Persoon X in gesprek B:
Die nuutste UV-video is walglik. En nou gaan daar weer niks van kom nie, want dis SWARTES wat WITTES gedoop het. Blerrie rassiste, ek sê vir jou. Dis 'n skryende skande – hierdie wit seuns se menseregte is geskend met elke gly wat hulle in daai seep op die vloer gegee het! Ek hoop AFRIFORUM VAT VIR MALEMA HOF TOE! BEBOET DIE BLIKSEMS! STRAF HULLE!