Persoon X in gesprek A
Dude, Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties was heeltemal dronk op die verhoog by Oppikoppi. Hy kon nie eers regop staan terwyl hy moes sing nie – hy was soosin heeltemal dronk! As 'n band live perform moet hulle darem wragtig hulle shit ken, jy weet? Ek het nou soosin nul respek meer oor vir hulle. Screw Pierre en Die Heuwels. Ek skaam my dood vir hulle.
Persoon X in gesprek B
Aah man, Oppikoppi was soosin fakkin cool, man! Ek het soos shrooms gedoen en fakkol geslaap en soos gedrink tot ek my longe uitgekots het, man! Fakkin Bachus bo! Soosin ek het hierdie heavy hangover gehad en my tong voel nou soos 'n dooie rot en soos als was net 'n fakkin dronk fees, bra! Ek’t fakkin sommer uitgepass teen 'n doringboom so fuct was ek! Dit was fakkin totally fakkin legend!