As jy 'n Afrikaanse musiekliefhebber is met 'n soeke na iets meer as 'n ritmiese Patayo om by jou oorkanaal af te laat biggel, haas jouself na Stemband – Nuus24 se nuwe inisiatief wat poog om verslag te lewer (of sommer net te rumineer) oor alternatiewe Afrikaanse musiek. In hul eie woorde:
Geen Juanita’s of Juanita-tipes toegelaat nie. Dieselfde geld Nicholisse en basies enige kunstenaar wat net met 'n voornaam funksioneer.*
Hulle’s groot op crowdsourcing en al daai jazz ook, so as jy iets beleef het en daaroor wil skryf, stuur dit gerus na stemband@nuus24.com.
Toe, waarvoor wag jy? Fire in the hole! Flashbang! G0g0g0!
* Sorrie, Elvis…