Ons is selde so vlekkeloos

Perspektief, het Fokofpolisiekar eenmaal gesing, is nie 'n speelding nie. Tog is daar mense wat gereeld bereid is om daarmee te speel, soos hierdie ou, wat skynbaar reken Afrikaners se geskiedenis bestaan uit 'n enkele veldslag:

vreemd hoe moes die Afrikaner se geskiedenis, geloftedag, bloedrivier, alles plek maak vir die STRUGGLERS se geskiedenis, wat hiper wreedaardig (bomplantings) was .. Nou moet ons juig oor plekname van terroriste, plekname van mense wat ander in 'n kerk in stukke geskiet het, name van stadions wat na opswepers vernoem is .

Dis altyd maklik om 'n “ons” en 'n “hulle” op te haal en dan alles wat goed is aan die “ons” toe te dig. Om mense op te blaas (met bomme, mind you) was natuurlik nooit 'n goeie ding nie, maar so ook is die doodskiet van derduisende mense – of hulle jou nou met assegaaie bestorm of nie – seker ook nie 'n goeie ding nie?

Sou 'n mens nie eerder kon sê dat oorlog altyd ongewens is nie – dat, as bomplantings in Wimpy’s sleg was, Bloedrivier en die geloftedag wat daaruit gespruit het net so sleg was? Dat die trekkers wat Zoeloes voor die voet doodgeskiet het se skietery sleg was, dat die Zoeloes wat die trekkers vol gate wou steek se stekery net so sleg was en dat pogings om enige vorm van moord op te hemel oor die algemeen maar sleg bly?

“Ons” is selde so vlekkeloos soos ons dit graag wil hê, né?

This entry was posted in Politiek and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>