Monthly Archives: March 2011

Brood. Jy skryf hom in Ruby on Rails. Srsly.

homeless-coder[1]

Jason Bagley, 'n Kaapse entrepreneur, het onlangs oor Suid-Afrikaanse startups op sy blog gekla. Sy beswaar? Die ondernemings wat deesdae die kollig kry, is óf na-apers of glad nie winsgewend nie. Hy noem vier maatskappye – Twangoo, Yola, Evly en Springleap – en verduidelik kortliks hoekom elkeen nie volgens hom die paal haal nie.

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , , , | 2 Comments

Driehoek & Sirkel – Episode 10 (Rook en Oker)

Driehoek & Sirkel – Episode 10 (Rook en Oker)

Driehoek illustreer die waarde van die poësie deur 'n post-strukturalistiese gedig oor boekeblaaie te resiteer. Sodoende dekonstrueer (hy) die Weste se fallogosentristiese Meesternarratief en word die Ander se versugtinge vir smôrense smörgåsborde Solanum tuberosum en Gramineae klinkklaar en volkome vergestalt.

Posted in Poësie | Tagged , , , , , , , | 3 Comments

Die mooi van Suid-Afrika

mooi

Die probleem met Suid-Afrika is dat ons verskillende tale praat en mekaar dikwels glad nie verstaan nie. Die mooi van Suid-Afrika is dat ons verskillende tale praat en mekaar dikwels glad nie verstaan nie.

Posted in Taal | Tagged , , , | 4 Comments

kwadrippil-een

1111

  Jierts – en daar tref ek toe die 1111-kerf. Met hierdie inskrywing. Hy is gepubliseerde inskrywing #1111 en heet kwadrippil-een. So. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om my oorle goudvisse te bedank. Beide van hulle. Juliaaarse en Floyd, julle was die blommetjies in my lewe. Mag julle die hiernamaals nasionaliseer tot [...]

Posted in Self | Tagged | 10 Comments

Oor daai gebed-rubriek

Van al die rubrieke wat ek reeds vir Nuus24 geskryf het, is dié met godsdienstige temas sonder uitsondering die’s wat die meeste gelees word. Dis heeltemal verstaanbaar. Godsdiens is 'n uiters persoonlike saak. Jou godsdiens is jou persoonlike storie oor die sin van die lewe – jou ontologie, jou epistemologie, jou moraliteit. Vir baie mense is dit die kern van hulle wesens.

Posted in Godsdiens | Tagged , , , | 17 Comments