Brood. Jy skryf hom in Ruby on Rails. Srsly.

The next big thing.

Jason Bagley, 'n Kaapse entrepreneur, het onlangs oor Suid-Afrikaanse startups op sy blog gekla. Sy beswaar? Die ondernemings wat deesdae die kollig kry, is óf na-apers of glad nie winsgewend nie.

Hy noem vier maatskappye – Twangoo, Yola, Evly en Springleap – en verduidelik kortliks hoekom elkeen nie volgens hom die paal haal nie. Hierna bereik hy hierdie gevolgtrekking:

The companies that make the biggest noise are the ones hiding the real truth that they aren't making money, just spending it.

En verklaar hy:

I want more from the successful, profitable and innovative startups in SA and less from the viral buzz to the pivot my ass startups.

Ek vind dit ongelooflik pretensieus – meestal omdat Bagley (en die meeste mense wat op sy inskrywing kommentaar lewer) daarvan oortuig blyk te wees dat “startup” gelykstaande is aan “skryf 'n web app in PHP en verkoop dit met PayPal”. Sy begrip van startups is skynbaar so beperk dat hy nie meer as vier maatskappye kan lys nie.

Vier.

Wat is hierdie? Die Vatikaanstad?

Daar is veel, veel meer startups in Suid-Afrika as die handvol wat deur jong mans (wat die akronieme PHP en CSS  ken) op die been gebring word. Of dit nou 'n taxi-drywer is wat sy eie minibus aanskaf of 'n man wat bousand na kontrakteurs in die voorstede aanry – Suid-Afrika baat daagliks by die vindingrykheid van talle entrepreneurs wat nuwe ondernemings op die been bring en dit suksesvol bedryf.

Toegegee, Bagley en almal wat in die Suid-Afrikaanse tech-kringe beweeg, is deel van hierdie ondernemings. Daar is natuurlik ook niks fout met wat hulle doen nie. Produkte of dienste hoef lankal nie meer tasbaar te wees om wins te genereer nie. Ondernemings soos Woothemes en Skyrove verdien lof, nie snedige opmerkings nie.

Dis net, ek wonder net soms of hierdie baie spesifieke spesie entrepreneurs besef dat daar 'n wêreld buite die internet is – en dat brood en petrol nie met scripting languages vervaardig kan word nie.

Daar is tog veel meer (en veel belangriker) projekte om in Suid-Afrika te befonds as net nóg 'n klomp web apps?

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>