Monthly Archives: March 2011

So wil ek eendag wees

cloete thumbnail

Ek was gisteraand by ‘n Woordfeesgeleentheid waartydens ‘n medalje aan Prof T.T. Cloete oorhandig is vir sy besondere bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Hy’t (soos hy homself ook beskryf het) fragiel in sy rolstoel gelyk, maar sy gemoed was lewendig en sy stories steeds pittig.

Posted in Poësie | Tagged , , , , , , | 5 Comments

Dood van die griffelaars (gedagtes oor die amalgamasie van Afrikaanse boekeblaaie)

scribe[1]

Dis hoog tyd vir letterkundiges om te besef dat die voorreg van publikasie en die prerogatief om dit te doen lankal nie meer net by koerante, tydskrifte en boekhuise hoort nie. Vir so lank as wat ons liewe geleerde vriende nie tot hierdie insig kan kom nie, sal Media24 se besluit om Afrikaanse boekeblaaie te amalgameer vir hulle 'n aardskudde katastrofe bly.

Posted in Essays | Tagged , , , , , , , , , | 9 Comments