Ek vermoed ek werk te hard, want al het ek erken dat ek minder sal moet blog, betrap ek myself deesdae dat ek na hierdie blog loer en effe tam dink: genade, ek moet seker een of ander tyd weer iets skryf!
(Min is darem nie niks nie.)
Dan wil ek myself oor die vingers raps, want by Toutatis – om lid van die pajamabrigade te wees, is tog veronderstel om pret te wees. En aangesien selfs Kobus intussen al ‘n inskrywing gemaak het, kan ek gerus ophou om so uiters ledig wees.
So.
Na 'n paar sinne propvol onnodige bywoorde, hier is 'n skermskoot van waarmee ek myself in my vrye tyd besig hou:
Sien? Ek en my i7 werk heeltemal te hard…
