Bene oop tydens seks? Baie geluk: dit beteken jy het seks

Nou toe nou

Die storm in 'n teekoppie oor Gareth Cliff se onlangse “seksistiese uitlating” op 5FM is, soos die Britte sê, political correctness gone mad.

Cliff se woorde aan Angela Larkan was:

…Girls of 22 usually do nothing but lie on their backs with their legs open…

Hierop het Tex Collins van die DA (opposisie-styl!) geprotesteer:

…He sends out the message that every young girl is nothing but a prostitute and a whore…

Correct me if I’m wrong, maar meisies wat seks het se bene is meestal oop en weens die aard van die Daad lê hulle dikwels op hul rûe. Eersgenoemde is 'n anatomiese gegewe; laasgenoemde is bloot statisties waarskynlik. (Dis nou, bygesê, as jy slegs twee mense in berekening bring.)

Nou, dit is natuurlik waar dat baie prostitute meisies is, maar dis nie heeltemal so waar dat alle meisies prostitute is nie. Die feit dat jy:

  1. Jou bene oop het tydens seks en
  2. Op jou rug lê tydens seks

beteken nie jy is 'n dame van die nag nie. Nee: dit beteken bloot jy het seks. Enigiets meer is idiosinkratiese interpretasie. As onse neef Collins dink dit impliseer prostitusie, is dit nie Cliff wat dit gesê het nie, maar wat Collins homself verbeel het. Dit plaas die las van diskriminasie by Collins wat sonder meer aanneem jong meisies wat seks het, is “slette” – nie by Cliff nie.

Kan iemand die vent tog net wakker klap?

This entry was posted in Sommer and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>