Elke keer wat ek hierdie blog sien, ween ek so 'n bietjie in my binneste. Hier gaan niks aan nie – en dis alles my skuld!
Gits, daar gebruik ek 'n uitroepteken.
Ek’t darem 'n legitieme verskoning. Of so vertel ek myself. Tot dusver het die meeste van my vrye tyd in navorsing vir 'n PhD gegaan. Mits die lug nie op ons koppe val nie, word genoemde PhD in 2012 geregistreer.
So…um…ek blameer Support Vector Machines. En verb chunks. En wyle Prof Fritz Ponelis.
En luiheid.
Ten minste het ek nou hierdie post gemaak.
Tjeers.