Wit mens in gesprek X:
Wat? Geld in 'n fonds sit om beurse vir minderbevoorregtes moontlik te maak en die land se ekonomie 'n hupstoot te gee? Nooit! NOOIT! Vat jou wit skuld en druk dit in jou onwelriekende agterstewe, my maat. Ek sal nooit na Tutu luister nie – ek het alle respek vir hom verloor. En ek gee nie OM dat dit nie 'n groot bedrag hoef te wees nie. En nee, ek gee ook nie OM of ek dit sommer per SMS kan bydra sonder om 'n noemenenswaardige deel van my inkomste weg te gee nie. My geld is myne! Trap!
Wit mens in gesprek Y:
Stem Tafelberg! Doen dit per SMS! Doen dit vir die ekonomie! Viva, Tafelberg, viiiiva!