Sokal jou hier, Sokal jou daar

Ek hou soms daar­van om na myself as ’n recov­er­ing let­terkundige te verwys.

Op uni­ver­siteit het ek onder andere taal– en let­terkun­deklasse byge­woon. Die taalkunde was stim­ulerend en soms ingewikkeld; die let­terkunde was stim­ulerend en het meestal voorgegee om ingewikkeld te wees.

Dit was in let­terkun­deklasse waar ek erns moes maak met verskeie let­terkundige “teorieë”. Ek het skyn­baar ingewikkelde begrippe soos “fab­ula en syuzhet”, “die karnevaleske” en “die Ander” leer gebruik, lang essays geskryf, alles leer oornom­i­naliseer en die beoe­fen­ing van argu­menta ad pop­u­lum onbe­wuste­lik tot ’n kuns vervolmaak.

Staaf altyd jou bew­eringe, is ek deur dosente geleer (op sig­self ’n goeie begin­sel), maar in die­selfde asem daarop gewys hoe om dit “reg” te doen: haal iemand anders se idees aan, plak ’n datum daarby en siedaar!

Die geldigheid van aan­hal­ings is meestal beo­ordeel aan die hand van aange­haaldes se gewil­d­heid in geestesweten­skap­like kringe. Het ’n mens name soos Freud, Jung of Lacan aange­haal, was jou kop deur. Denkskole was ewe bevredi­gend: ’n idee was heel besprekenswaardig as die Russiese For­mal­iste of die Neo Crit­ics dit opge­tower het.

Die werk­like groot name was kanon­iek genoeg om som­mer op te tree as “par­a­dig­mas” waaruit tek­ste gelees is, wat gelei het na essayti­tels soos: “Der­ridi­aanse per­spek­tiewe op die patri­argie in vari­asies van die gedig ’Wie syn u moeder’ deur M.A. Meesmuil”.

Eerste prys sou eger wees om iemand se idees tot ’n “teorie” te ver­hef, dalk met ’n titel soos: “Die aard van ekopoësie teen die agter­grond van die ekokri­tiese teorie met ver­wys­ing na enkele gedigte van Martjie Bosman”.

My opstelle was dus lank, hoog­drawend en speku­latief. Hoe meer gewilde name en groot woorde daarin was, hoe beter het ek gevaar. ’n Onvol­doende bron­nelys of ’n ops­tel wat nie die min­i­mum aan­tal bladsye beslaan het nie was iets waa­roor ’n dosent jou trouens sou aanspreek. (En wee jou as jou sitate in die ver­keerde for­maat was. ’n Dubbelpunt of ’n komma op die ver­keerde plek kon fataal wees vir jou uitein­de­like punt.)

Kor­tom: ek is ver­tel dat ek kri­ties moet dink, maar in werk­likheid geleer dat ’n stand­punt kor­rek is indien dit gewild is.

Hierdie benader­ing is wyd­ver­spreid in die geestesweten­skappe. (As jy die kon­sti­tusie daar­voor het, gaan krap byvoor­beeld ’n bietjie op Lit­Net Akademies rond.) Daar is seker baie redes wat ’n mens hier­voor kan aan­voer, maar Chom­sky stel dit vir my die beste:

We’re just like the physi­cists. They talk incom­pre­hen­si­bly, we can talk incom­pre­hen­si­bly. They have big words, we’ll have big words. They draw far reach­ing con­clu­sions, we’ll draw far reach­ing con­clu­sions. We’re just as pres­ti­gious as they are.

Ter illus­trasie van hierdie onver­staan­baarheid, hier is die opsom­ming van ’n artikel getiteld: “Die banale as (rap-) iden­titeit: Jack Parow se ’Cooler as ekke’”, met akademi­aanse frases in vetdruk:

As deel van die onlangse neig­ing om niekanon­iese reper­to­ria in musikolo­giese stud­ies in te sluit, fokus hierdie artikel op die Afrikaanse rap­per Jack Parow se lied­jie “Cooler as ekke” (2010). My ontled­ing berus op die rekon­struk­tiewe daarstelling van ’n speku­latiewe kon­teks waardeur die lied­jie as ’n bepaalde rap-identiteit benader kan word. Met ander woorde, ek beoog om die lied­jie (liriek sowel as musiek) te lees vanuit die kon­struk­sie van ’n bepaalde geïm­pliseerde sosiokul­turele kon­teks waarbinne intrin­sieke en ekstrin­sieke teks­betekenisse as kon­tek­stueel ver­bonde gesien word. Vanuit hierdie metodolo­giese per­spek­tief, wat op Krims (2000) se rap-teorie steun, word dit duide­lik dat “Cooler as ekke” ’n weer­gawe van Afrikaner-identiteit kon­strueer wat vashou aan oor­bek­ende, alledaagse sim­bole van die “zef” Afrikaanse lewe. Ofskoon Parow se “oppo­nent” in die lied­jie nie ’n oorheersende etniese groep ver­teen­wo­ordig nie, word daar tog ’n tipe kul­turele weer­stand in die lied­jie gesug­gereer. Dit is egter veral die banaliteit van Parow se straatwysheid wat die luis­ter­aar in ide­olo­gies gerieflike maniere van ervar­ing kan vas­vang, omdat die lied­jie skyn­baar nie ern­stig (of kri­ties) opge­neem wíl word nie.

’n Ide­olo­giekri­tiese inter­pre­tasie van die resep­sie van die lied­jie aan die hand van Vis­agie (1996) en Thomp­son (1990) bring aan die lig dat som­mige Afrikaanse luis­ter­aars “Cooler as ekke” binne die huidige sosiopoli­tieke land­skon­teks ener­syds as ’n stelling van “die bek­ende” en van “die eie” mag ver­staan, of ander­syds as kri­tiek op uitge­di­ende, pre­ten­sieuse weer­gawes van Afrikan­er­skap. In albei gevalle wek die lied­jie by ander Afrikaanse luis­ter­aars sterk weer­stand. Dit is op hierdie vlak dat “Cooler as ekke” onder­tone van ’n min­der tege­moetkomende weer­gawe van Afrikaner-identiteit begin inhou waarby ’n veron­der­stelde gedeelde afkoms deur ’n een­sy­dige (hiper­nor­matiewe) teken­ing van Afrikan­er­skap weer­spreek word.

Slegs ’n masochis kan so ’n stortvloed woorde waardeer. Dit is ’n hutspot van ingewikkeld­heid en oor­tol­ligheid wat met die eerste oogop­slag dalk mag lyk na diepsin­nigheid, maar by nadere onder­soek ver te kort skiet wat sin betref.

Hier is ’n een­voudi­ger weergawe:

As deel van die huidige neig­ing om nie-kanonieke werke te bestudeer, fokus hierdie artikel op Jack Parow se “Cooler as Ekke” (2010). My ontled­ing berus op die skep van ’n kon­teks waarin ek die lied­jie benader as rap-identiteit. Ek gaan die lied­jie dus inter­pre­teer deur aan te neem dat tek­ste se betekenisse gebind is aan hul kon­tek­ste. Vanuit hierdie per­spek­tief, wat op Krims (2000) se rap-teorie steun, ver­teen­wo­ordig “Cooler as ekke” ’n Afrikaner-identiteit vol gewone sim­bole van die “zef” Afrikaanse lewe. Hoewel kul­turele weer­stand tog gesug­gereer word, ver­teen­wo­ordig Parow se “oppo­nent” nie ’n oorheersende etniese groep nie. Veral Parow se banale straatwysheid word ide­olo­gies gerieflik ervaar deur luis­ter­aars, omdat die lied­jie skyn­baar nie ern­stig opge­neem wil word nie.

n Inter­pre­tasie van die ont­vangs van die lied­jie aan die hand van Vis­agie (1996) en Thomp­son (1990) wys dat som­mige heden­daagse Afrikaanse luis­ter­aars “Cooler as ekke” as sowel ’n stelling van “die bek­ende” en “die eie” as kri­tiek op uitge­di­ende weer­gawes van Afrikan­er­skap mag ver­staan. In albei gevalle wek die lied­jie weer­stand by ander Afrikaanse luis­ter­aars. “Cooler as ekke” ver­teen­wo­ordig dus ’n min­der tege­moetkomende weer­gawe van Afrikaner-identiteit waar ’n gedeelde afkoms deur ’n een­sy­dige (streng) idee van Afrikan­er­skap weer­spreek word.

Boge­noemde is hope­lik meer ver­staan­baar, maar ver­toon steeds die logge trekke van akademi­aans. Dis vol gonswo­orde en sitate wat ’n skyn van weten­skap­likheid aan die stuk ver­skaf. Ver­wyder ’n mens dit, bly die vol­gende oor:

Hierdie artikel gaan oor Jack Parow se lied­jie “Cooler as Ekke”. Ek beskou hierdie lied­jie as rap-identiteit, omdat ek wil. Ek gaan die lied­jie dus interpreteer.

Cooler as ekke” ver­teen­wo­ordig die “zef” Afrikaanse lewe. Dit is waar, want Krims het iets in 2000 geskryf. Jack Parow se vyand ver­teen­wo­ordig nie ’n etniese groep nie, al lyk dit so. Hy gebruik lelike woorde en neem hom­self nie ern­stig op nie. Mense geniet dit daarom om na hom te luister.

Ek het ont­dek dat luis­ter­aars ver­skil­lend op die lied­jie se woorde reageer. Party hou van die lied­jie se woorde en dink dit is kri­tiek op ’n soort Afrikaner. Dit is waar, want Vis­agie en Thomp­son het dinge in 1996 en 1990 geskryf. Mense wat die lied­jie se woorde ervaar as kri­tiek op hul­self, hou nie daar­van nie. “Cooler as ekke” weer­spreek dus ’n gedeelde afkoms.

Nie juis die mees koher­ente gedagtes ter wêreld nie, is dit?

Dis ’n algemene ver­skynsel in die geestesweten­skappe (dees­dae die “sosiale weten­skappe”): ’n stortvloed woorde word gebruik om ’n skans van onver­staan­baarheid ron­dom een­voudige idees te bou. Dié word dan as por­tu­urgeë­val­ueerde, weten­skap­like navors­ing voorge­hou, ter­wyl dit liewer na ’n voort­ge­sette Sokal Affair lyk. (Dis boonop wins­gewend: Lit­Net betaal R10 000 vir die neer­pen van ’n ver­borge stel truïsmes.)

Ek kan nie onthou wan­neer dit uitein­de­lik tot my deurgeske­mer het dat perd­e­drolle nie vye is nie. Ek is bly dit het. Ek is iet­wat ver­leë dat ek vir ’n paar jaar soveel erns kon maak met dinge wat soms so ver­draaid was, maar dis seker maar hoe ’n mens leer.

Gelukkig het ek myself weer vir die afge­lope paar jaar begin besig met die dinge in die lewe wat saak maak.

HLDM, enigie­mand?

One Comment

  • Johan, ek hou werk­lik van jou totale eerlikheid en open­har­tigheid wat deurskyn tussen die reels van alles wat ek tot dusver van jou geskrifte gelees het. Soos spyt, (wat ’n goeie ding is) maar eers later kom, kom sit erkent­likheid van jou eerlikheid te laat en aan die einde. Dit kom soos ’n kli­maks na ’n te lang reeks woorde­likse mas­tur­basies. (dis lekker om lang­dr­a­dig te wees, maar dit werk net beson­der goed by mas­tur­basie — woord mas­tur­basie!) By die uni­ver­siteit van die lewe ( reklame agentskappe) moes ek leer hoe om woorde se go (kap­pie o) te werk en dat kort en Kragtig is kranig. Jou rubriek oor teoloe (deel­teken e) se drog­denke oor plaasar­beid Sokal jou hier, sokal jou daar het my laat dink aan een van my eie geskrifte. Sien Wingerd­japie http://www.joernaal-talent-taal.com.
    Ek kry nie “sokal” in die woordelyste wat ek het nie. Wat beteken “sokal”.

    Vrien­de­like groete, Henk Sey­more Kunstenaar/skrywer 15 jan 2013

    Reply