Author Archives: Johan Swarts

Bene oop tydens seks? Baie geluk: dit beteken jy het seks

1265900_time_in_bedroom[1]

Die storm in 'n teekoppie oor Gareth Cliff se onlangse “seksistiese uitlating” op 5FM is, soos die Britte sê, political correctness gone mad. Cliff se woorde aan Angela Larkan was: …Girls of 22 usually do nothing but lie on their backs with their legs open… Hierop het Tex Collins van die DA (opposisie-styl!) geprotesteer…

Posted in Sommer | Tagged , , , , , | 17 Comments

Liberaal vs Liberaal

mogoengP

Persoon X in 2011: Mogoeng? Ga – daai vent is homofobies! Ek meen, dis tog belaglik, nie waar nie? Hoe kan 'n regter so konserwatief wees in hierdie dag en tyd?! Dis 2011! Hallooooo. Persoon X in 2005: Hoe kán Zuma onbeskermde seks hê en nie sleg voel daaroor nie?! En met soveel verskillende vroue! Is [...]

Posted in Politiek | Tagged , , | 5 Comments

Bloody agents (‘n ongelooflike filosofiese treurmare oor gelede werkwoorde)

spanish-past-participles[1]

Deelwoorde is bloody agents van die eerste water. Met die eerste oogopslag lyk hulle gewoonlik skadeloos. So skadeloos, trouens, dat 'n mens heel gereeld oor hulle by posh partytjies kan filosofeer. “Og!” sal jy kan proklameer (met 'n sidderende pinkie wat reikhalsend hunker na die hemele): “hulle is tog so werkwoordagtig!”

Posted in Taal | Tagged , , , , , , | 10 Comments

Bars, borrel, bars

google_plus_logo[1]

Die mensdom sal 'n stadium bereik waar dit nie meer 'n nuutjie sal wees om alles (RIGHT HERE! RIGHT NOW!) met die wêreld te kan deel nie. Dis in elk geval nie meer baanbrekend nie – dis nou so normaal soos om in 'n vliegtuig te klim of 'n operasie te ondergaan.

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , | 9 Comments

Sny my lewe in stukkies

Sny my lewe in stukkies

Terwyl ek vir MosesMetroMan se debuutalbum wag om Kaap toe te kom, vermaak ek myself maar met Richard Cheese. Vet weet, hy’s geniaal:

Posted in Musiek | Tagged , , | Leave a comment