Johan Swarts

You are browsing the archives of Johan Swarts.

Sexpo vs Sekswinkel

Persoon X in gesprek A:
Sjoe, die Sexpo was interessant. Ek dink dis iets waarna almal ten minste een keer in hul lewens moet gaan – net om te kyk wat daar aangaan, jy weet? Daar was tot ‘n ou wat jou portret met sy vogel verf!
Persoon X in gesprek B:
Het jy gehoor? Nog ‘n sekswinkel [...]

Om aan die speen van die Afrikaanse pers te suig

Om aan die speen van die Afrikaanse pers te suig

Voor jy enige idees oor hierdie inskrywing begin kry, hang aan ‘n tak. Dis nie ‘n negatiewe een nie. (Ha! Hoor ek jou sê – hy het net ‘n verskoning gesoek om “speen” te skryf! Moontlik.)
Dis met ‘n vreemde gevoel van trots (en ‘n daarmee gepaardgaande titseltjie ongeloof) wat ek die afgelope paar dae die [...]

Precor ut petitio principii

Broers,
Ons weet dat slegs dit wat ons kan sien, hoor, proe, voel of ruik bestaan, want ons sien, hoor, proe, ruik of voel dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons sien werklik is, want ons sien dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons hoor werklik is, want ons hoor dit.
En daarom [...]

Die waan van Benjou se sinkende skip

Die waan van Benjou se sinkende skip

Hierdie artikel is seker die mees oningeligte opinie oor sosiale media wat ek in ‘n lang tyd raakgeloop het. Paul Benjou vra:
How foolish can we be? Plenty, it appears, even after we said we learned our lesson after the dot.com meltdown eight years ago.
Sy probleem? Daar is miljarde dollars belê in Facebook, Myspace, Twitter en [...]

Soek die vrou en wen ‘n Datsun

Die Gereformeerde Kerk se besluit om vroue nie tot die ampte van predikant of ouderling toe te laat nie is nou al ou nuus, maar ek voel tog ek wil in retrospek iets daaroor skryf.
In alles wat ek tot dusver oor die aangeleentheid raakgelees het, is daar ‘n baie ooglopende feit wat kop uitsteek. Dr. [...]

gediggies oppie interwebs

gediggies oppie interwebs

Twee jaar gelede, toe ek ‘n honneurstudent en teetowenaar was, het ek ’n lamentasie oor die algemene belangstelling in Afrikaanse poësie gepubliseer; vanjaar het Louis Esterhuizen en Marlise Joubert onwetend ‘n oplossing hiervoor verskaf in die vorm van Versindaba.co.za. Dié webtuiste (wat aangedryf word deur Wordpress) word daagliks opgedateer met relevante artikels – dikwels met bydraes [...]

Koeverte: dooie metafore

Koeverte: dooie metafore

Soos tale groei, ontwikkel nuwe metafore vir nuwe ervaringe. Met gereelde gebruik verander hierdie metafore later in “dooie metafore“, idiomatiese uitdrukkings wat gebruik word sonder dat die oorspronklike betekenislading van die metafoor bedoel of verstaan word.
‘n Voorbeeld hiervan in Afrikaans is die uitdrukking: “in duie stort”. Die oorsprong van die uitdrukking is te vinde in [...]

Gee die ANC ten minste ‘n kans

Ek is besig om baie ongemaklik te raak met die DA se aanslag teen die ANC. Dis nie dat ek meen niemand mag rekenskap van die land se regerende party vra nie – inteendeel. Wat my pla is die manier hoe die ANC in alles wat die DA skryf sonder uitsondering die aartsopperpoephol is. Hul [...]

Die val van die Panopticon

Die onderstaande is ‘n proefbrokkie uit my tesis. Kommentaar is meer as welkom.
In 1787 beskryf Jeremy Bentham, in ’n brief aan ’n vriend, die ideale struktuur wat gebou moet word ten einde ’n sekere aantal mense voortdurend onder oë te kan hou. “No matter how different, or even opposite the purpose”, skryf Bentham:
…whether it be [...]

Soek en jy sal jouself vind

Ek was nog altyd ietwat gefassineer deur mense se reaksie op Fokofpolisiekar se “Hemel op die Platteland”. Die reëls:
Kan iemand dalk ‘n god bel
En vir hom se ons het hom nie meer
Nodig nie
Impliseer nie dat die antwoord op die kwessie van God se bestaan gelyk is aan: “daar is geen God nie”. Dit sê bloot: [...]