Author Archives: Johan Swarts

gediggies oppie interwebs

Twee jaar gelede, toe ek 'n honneurstudent en teetowenaar was, het ek ’n lamentasie oor die algemene belangstelling in Afrikaanse poësie gepubliseer; vanjaar het Louis Esterhuizen en Marlise Joubert onwetend 'n oplossing hiervoor verskaf in die vorm van Versindaba.co.za. Dié webtuiste (wat aangedryf word deur WordPress) word daagliks opgedateer met relevante artikels – dikwels met bydraes [...]

Posted in Poësie | Tagged , , , , , , , | 9 Comments

Koeverte: dooie metafore

Soos tale groei, ontwikkel nuwe metafore vir nuwe ervaringe. Met gereelde gebruik verander hierdie metafore later in “dooie metafore“, idiomatiese uitdrukkings wat gebruik word sonder dat die oorspronklike betekenislading van die metafoor bedoel of verstaan word. 'n Voorbeeld hiervan in Afrikaans is die uitdrukking: “in duie stort”. Die oorsprong van die uitdrukking is te vinde [...]

Posted in Taal | Tagged , , , , , , , , , | 18 Comments

Gee die ANC ten minste ‘n kans

Ek is besig om baie ongemaklik te raak met die DA se aanslag teen die ANC. Dis nie dat ek meen niemand mag rekenskap van die land se regerende party vra nie – inteendeel. Wat my pla is die manier hoe die ANC in alles wat die DA skryf sonder uitsondering die aartsopperpoephol is. Hul [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , | 30 Comments

Die val van die Panopticon

Die onderstaande is 'n proefbrokkie uit my tesis. Kommentaar is meer as welkom. In 1787 beskryf Jeremy Bentham, in 'n brief aan 'n vriend, die ideale struktuur wat gebou moet word ten einde 'n sekere aantal mense voortdurend onder oë te kan hou. “No matter how different, or even opposite the purpose”, skryf Bentham: …whether [...]

Posted in Media | Tagged , , , , , , , , , , , , , , | 4 Comments

Soek en jy sal jouself vind

Ek was nog altyd ietwat gefassineer deur mense se reaksie op Fokofpolisiekar se “Hemel op die Platteland”. Die reëls: Kan iemand dalk 'n god bel En vir hom se ons het hom nie meer Nodig nie Impliseer nie dat die antwoord op die kwessie van God se bestaan gelyk is aan: “daar is geen God [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , , | 20 Comments