Category Archives: Blogging

Hallo, Gouelokkies

Tussen 2002 en 2009 het Afrikaanse bloggers die volgende vorme van die woord “hallo” gebruik (die getal dui telkens op die aantal kere wat die woorde in my korpus verskyn – spelfoute ingesluit): hallo    3202 halloa    1 hallol    1 hallomos    1 halloo    1 hallooo    8 halloooo    144 hallooooo    753 halloooooo    2 hallooooooo    4 halloooooooo    1 [...]

Posted in Blogging | Tagged , , , | 11 Comments

God pwn seks, satanisme en appels

Die onderstaande grafiek stel verskillende sleutelwoorde per maand vir 'n klomp Afrikaanse blogs voor. Dis uit onvoltooide data saamgestel, maar wys duidelik dat Afrikaanse bloggers daarvan hou om die G-woord te gebruik. (En dat hulle nie so lief is vir appels nie. Skandalig.)

Posted in Blogging | Tagged , , , , , , | 17 Comments

Sosiale media – the fifth estate?

Toe Oscar Wilde die volgende kwytgeraak het: In old days men had the rack. Now they have the press. That is an improvement certainly. But still it is very bad, and wrong, and demoralizing. Somebody — was it Burke? — called journalism the fourth estate. That was true at the time no doubt. But at [...]

Posted in Blogging | Tagged , , , | 1 Comment

Alles is gebreek!

Oeps. WordPress 2.8 het my hack van Justin Tadlock se Options tema gebreek. Of eerder – my gebreekte hack van Justin Tadlock se Options tema werk nie saam met WordPress 2.8 nie. Verdra asseblief die interimuitleg terwyl ek en my IT-span dit probeer regmaak. (Waar IT-span = beker koffie + Fokofpolisiekar.)

Posted in Blogging | Tagged | 9 Comments

DSP Episode 11 – Die wedren

Nog 'n maand, nog 'n Silwer Ponie wat uitgedeel moet word. Knyp jou oë styf toe en verbeel jou bloggers is jokkies met sleutelborde vir swepies:  (‘n Spesiale dankie aan Helios en Cobus Potgieter vir die musiek.) Laai af in mp3-formaat: DSP Episode 11 – Die wedren

Posted in Blogging | Tagged , , , , | 7 Comments