Category Archives: Godsdiens

Baie mense kan loop (Oor Delia Knox)

Baie mense kan loop (Oor Delia Knox)

Delia Knox, ‘n Amerikaanse gospelsangeres wat volgens oorlewering 23 jaar verlam was nadat 'n dronk bestuurder op Kersdag 1987 in haar vasgery het, het onlangs vir groot opslae gesorg toe sy uit haar rolstoel opgestaan en voor ‘n kerk vol mense begin rondloop het. Was sy regtig verlam, of was alles bloot goed georkestreer en in die regte formaat vir 'n honger gemeente aangebied?

Also posted in Essays | Tagged , , | 19 Comments

Driehoek & Sirkel – Episode Kersfees 2010 (Krismis Trifle!)

Driehoek & Sirkel – Episode Kersfees 2010 (Krismis Trifle!)

Die land se gunsteling partikelerudiete wens jou en jou geliefdes 'n geseënde Kersfees met berge koekstruif toe. (Hulle weet hulle is laat, maar dit het langer geneem om terug te keer uit Gibraltar as wat hulle verwag het.) KRISMIS TRIFLE!

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , | 5 Comments

As Christene tog net meer wil kwaad raak

Christian is a great noun but a poor adjective – Rob Bell Nou die dag neem ek aan 'n gesprek deel saam met 'n groep vriende, wat heel toevallig op die onderwerp van godsdiens afstuur. Iemand begin toe onthuts vertel van 'n troue wat sy bygewoon het. Die geleentheid se huwelikseremonie is deur 'n charismatiese pastoor [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , | 35 Comments

Môre as ons slaap gaan ruiters ons rats onthoof

blood-moon-28206018310[1]

So dan en wan kom 'n mens iemand teë wat vas oortuig is ons leef in die eindtye. Dis tog duidelik aan die natuurrampe, oorloë en morele afvalligheid wat oral om ons aan ‘t toeneem is, verduidelik hy of sy gewoonlik, en dit bevestig alles wat in die Bybelboek Openbaring staan. Die maan sal binnekort soos [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , , , | 21 Comments

“Dis goed dat Christene vir ‘n slag weer opstaan”

Soos dit Woolworths se goeie reg was om hul oorspronklike besluit op sy kop te keer, so is dit enigiemand se goeie reg om positief daarop te reageer. Om van die ommeswaai te hou, is nie as sodanig “verkeerd” nie. Interessant wel, is hoe hierdie frase keer op keer opduik wanneer daar oor die voorval gepraat word, maar dat mense skynbaar nie verder as die blote woorde dink nie.

Also posted in Essays | Tagged , , , , , , , , | 9 Comments