Die waan van ‘n e-posveldtog
So. Die afgelope week beland daar mos toe mooitjies ‘n e-pos van nie minder as vier aanhangers van Katalanië in my indoos nie. En hulle versoek my om tog net vir die regte kandidate te stem in die US-raadsverkiesing. En ek dag so by my se selwers… WTF, n00bz? En ik schrijf nu maar: Verbeel [...]
Het jy ‘n superras poliglotte in jou broeksak?
Ek is nie juis ‘n groot aanhanger van die taaldebat op hierdie stadium nie (meestal omdat die huidige debat wat op publieke platforms heers nie meer die woord “debat” werd is nie) en hierdie inskrywing is nie ‘n poging om ‘n standpunt vir een of ander “kant” in te neem nie, maar dit het my [...]
Wat ‘n vreesaanjaende, byderwetse skoktaktiek!
Met apologie aan almal vir wie ek onder normale omstandighede baie respek het. Wanneer ek die volgende woorde oor die US-raadsverkiesing (wat tans aan die gang is) in Die Burger lees, is dit vir my moeilik om nié te wil dink: og, te kostelik! nie: Die Burger het gister berig oor twee groepe wat spesifieke [...]
Aan die voete van die weldoener
Ek het die naweek finaal uit Stellenbosch getrek. Die sentimentele vent wat ek is, het ek kos gaan koop by die eetplek in die Neelsie waar ek die heel eerste keer in 2004 iets gekoop het, in die skaduwee van die J.S. Marais-standbeeld gaan sit, geëet en herinneringe opgehaal. Wee die dag wat ek my [...]
Hiaat
Ek gaan vir die volgende paar weke ‘n breuk van my blog neem sodat ek my tesis kan klaarskryf. Ek het bykans 14 GB se HTML waardeur ek moet sif, so ek gaan myself in ‘n donker hoekie aan my skootrekenaar vasketting en van seldery en kaasburgers leef. As ek enigiets post in die volgende [...]
As die byteltjie in jou kop kraak
Heidegger het eenmaal die opmerking gemaak dat ‘n mens eers werklik die essensie van iets ontdek wanneer dit breek. Hy het die metafoor van ‘n hamer gebruik – is dit heel, gebruik jy dit sonder om werklik oor die gereedskap na te dink. Breek dit egter, besef jy skielik in jou frustrasie wat die ware [...]
Skraap.Net vorderingsverslag(tm)
Die geskraap vorder goed. Tot dusver is 105,859 HTML-bladsye vanaf 226 blogs geskraap (die gemiddelde Afrikaanse blog het in teorie dus 468 bladsye) in ‘n somtotaal van ongeveer 5.45 GB: Dis belangrik om te onthou dat baie van hierdie bladsye duplikaat-inligting bevat. WordPress blogs (tot al LitNet se data in is, by verre die meerderheid) [...]
Afrikaanse blogsensus: g0g0g0!
Blog jy? Jy het nou die kans om jouself vir ewig te verewig in ‘n baie dik boek! Vir ewig! Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van my tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, ‘n e-posadres vir validation en twee [...]
En nou’s dit ses jaar later
Ek sit in die serkaartjiery in die CJ Langenhoven-sentrum met my skootrekenaar en luister na Fokofpolisiekar. (Wel, nie terwyl jy dit lees nie, maar ek het terwyl ek dit skryf. ’Belowe.) Dis donker; die ligte is pas afgeskakel. Almal is feestelik, almal fuif. Almal is so jonk. Vir die eerste keer in ses jaar wag [...]

