
Terwyl ek vir MosesMetroMan se debuutalbum wag om Kaap toe te kom, vermaak ek myself maar met Richard Cheese. Vet weet, hy’s geniaal:

Die vorige keer wat ek myself opgeneem het terwyl ek kitaar speel, was in 2007 – met 'n goedkoop digitale camcordertjie wat ek by iemand uit my koshuisdae geleen het. Ek’t onlangs 'n goedkoperige DSLR (‘n Canon 550D) aangeskaf en toe scheme ek – hoekom nie weer iets opneem nie! Die resultaat was toe hierdie vinnige stukkie improvisasie.