Category Archives: Mymering

Oor Jonathan Jansen en die bedrieglikheid van velkleur

jonathan_jansen_39868b[1]

Ek het Jonathan Jansen se onlangse bydrae tot Times Live met gemengde gevoelens gelees. In 'n stuk getiteld “Tribal lines still firmly drawn” argumenteer hy dat Suid-Afrikaners, wanneer hulle voor krisisse te staan kom, te dikwels nog laertrek in stamverband eerder as om rasioneel na oplossings te soek: Logic gives way to emotion, argument to anger. [...]

Posted in Mymering | Tagged , , , , , , , , , , , , | 5 Comments

Ek’s nie wit nie (is ek?)

Wat beteken dit vandag om wit te wees? Wat beteken dit vandag om swart te wees? Het dit nog iets met ons velkleure uit te waai? Het dit iets met ons kulture te make? Ons taalgebruik? Ons persepsies oor onsself? Die manier hoe ons ouers hulself in die verlede omskryf het? All of the above? [...]

Posted in Mymering | Tagged , , , , , , | 1 Comment

Ruminasies oor Die Antwoord: Proloog

Die ruminasies oor Die Antwoord neem langer om neer te pen as wat ek verwag het. Intussen, hier is solank 'n foto van 'n skoen. Dis wit. Nes die onderwerp.

Posted in Mymering | Tagged , , , | 3 Comments

Die dawerende stilte van kapitaliste in krotbuurte

The inherent vice of capitalism is the unequal sharing of blessings; the inherent virtue of socialism is the equal sharing of miseries. –Winston Churchill In die woonstelkompleks waar ek en 'n vriend tans bly, is daar 'n ongelyke aantal parkeerplekke per wooneenheid. Sommige eenhede het twee parkeerplekke, ander het een – en dan is daar [...]

Posted in Mymering | Tagged , , , , , , , , , | 18 Comments

Verbrand jy Dertigers se digbundels?

Ek het hierdie rubriek van Heinz Oldewage, waarin hy die volgende kwytraak: Vir wie dit mag aangaan: Hiermee dien ek amptelik my bedanking in as Afrikaner. Ja, net so. Tot hier toe en nie verder nie. met 'n glimlag gelees. Hoe, het ek ietwat geamuseerd gewonder, bedank 'n mens uit 'n identiteit? As dit iets [...]

Posted in Mymering | Tagged , , | 6 Comments