Johan Swarts » Mymering

Oor Jonathan Jansen en die bedrieglikheid van velkleur
Ek het Jonathan Jansen se onlangse bydrae tot Times Live met gemengde gevoelens gelees. In 'n stuk getiteld “Tribal lines still firmly drawn” argumenteer hy dat Suid-Afrikaners, wanneer hulle voor krisisse te staan kom, te dikwels nog laertrek in stamverband eerder as om rasioneel na oplossings te soek:

Logic gives way to emotion, argument to anger. The evidence does not matter; after all, what can you expect from Indians, they steal; or from whites, they’re racist; or from Africans, they’re incompetent.

Jansen druk sy vinger op 'n verskynsel wat oor jare genadiglik begin verander het, maar steeds weier om te wyk. Hy’s reg wanneer hy skryf dat Suid-Afrika waarskynlik eers getransformeer sal wees as 'n wit man kan opkom vir 'n swart man wat te na gekom is om geen ander rede nie as dat die te nakoming verkeerd is. Hy’s ook reg om te dink dat ons nog nie by daardie punt is nie.

As jy meen hy oordryf, dink gerus aan die onlangse Bees Roux-voorval, waar 'n swart polisieman deur 'n wit rugbyspeler doodgemaak is. Dink aan die moord op Eugene Terre’blanche vroeër vanjaar, waar 'n wit man deur twee swart mans vermoor is. Die moorde het wye dekking in die media geniet en mense amper by uitstek in wit en swart laat dink. Die boer moor al weer die swartman! Die swartman moor al weer die boer! Bloody wit rassiste! Bloody donker Afrika! Agents!

Ek is oortuig dat baie Suid-Afrikaners, wanneer hulle rasioneel met Jansen se kritiek gekonfronteer word, van hom sal verskil. (Sien byvoorbeeld hierdie repliek.) Die probleem is dat dit juis nie ons rasionele kant is wat besluite neem in situasies soos bogenoemdes nie. Wanneer krisisse ons tref, is dit ons primitiewe, emosionele kant – dit waarna Seth Godin so gepas as “the lizard brain” verwys - wat die oorhand kry.

Juis hier begin my gemengde gevoelens oor Jansen se betoog. Aan die een kant begryp en eggo ek die strekking van wat hy probeer sê. Ek hoop van harte ons kan mettertyd van ons irrasionele rasse-stereotipes afskeid neem en ophou om selfs onbewustelik die slegste van mekaar te dink. Aan die ander kant is ek huiwerig om sonder meer 'n reënboog vol geluk en huppelende katjies vir die land te voorspel wanneer hierdie spesifieke stereotipes afsterf.

Rasse-stereotipering is immers nie die enigste van sy soort nie. Daar is etlike ander vooroordele wat maak dat ons mekaar te na kom, of dit plaaslik in ons eie gemeenskappe (daai skool is sus, daai kerk is so) of internasionaal oor landsgrense heen (F$k Suarez!  F@kk3n Uruguay!) is. Vir elke slegte vooroordeel wat ons uit ons koppe verban, is daar tien ander wat sy plek kan inneem.

Stamme kan ook nie noodwendig slegs op grond van ras (of selfs etnisiteit) gedefinieer word nie. Gesinne, families, gemeentes, gemeenskappe – al hierdie entiteite is op 'n manier tog ook stamme. Trouens, ons is almal deel van 'n groter saamgestelde stam “Suid-Afrika”. Wanner ons doen wat ons skielik goed reggekry het tydens die onlangse wêreldbeker sokkertoernooi en haat teen ander lande projekteer soos een man, is dit ook diskriminasie op grond van stereotipes. Daarmee het ons skynbaar nie 'n probleem nie.

Wanneer 'n mens in ag neem dat Suid-Afrika 'n ingewikkelde samevoeging van uiteenlopende etniese groepe is (iets wat weinig met velkleur uit te make het) en dat die bewaring van hierdie groepe onderskryf word deur die grondwet, raak die kwessie veel meer ingewikkeld. Suid-Afrika is nie bloot wit, swart en bruin nie. Ons is Xhosa, Afrikaner, Zoeloe, Indiër, Sotho, San – die lys is lank en divers. Soos in enige ander land is ons etniese groepe ook nie eers altyd in stemming oor alles nie. (Dink aan Afrikaners, wat al in die 1800s deur een van hul eie mense gebrandmerk is as “steeks perde“!)

Om rasse-stereotipes 'n sondebok te maak wat in die pad van Suid-Afrika se voortvarendheid staan, kan 'n misleidende speletjie raak. Dit klink wonderlik, maar ek is nie seker of ’n mens met reg kan droom van 'n “detribalised Suid-Afrika” post rassisme as ander “ismes” skynbaar altyd volop sal wees nie.

Moontlik verwante inskrywings:

Die dag wat Kurt Darren onbenullig is

Ek hou van die NG Kerk, maar…

Die mooi van Suid-Afrika

Ek’s nie wit nie (is ek?)
Wat beteken dit vandag om wit te wees? Wat beteken dit vandag om swart te wees? Het dit nog iets met ons velkleure uit te waai? Het dit iets met ons kulture te make? Ons taalgebruik? Ons persepsies oor onsself? Die manier hoe ons ouers hulself in die verlede omskryf het? All of the above? None of the above? 'n Kombinasie?

Iets anders?

As ek weier om “ras” op 'n vorm in te vul, maak dit van my 'n raslose mens, bevry van 'n onsinnige taalkonstruk, of is ek bloot in ontkenning?

Moontlik verwante inskrywings:

Ek het Saterdag ‘n ryloper opgetel

Kyk. My duim is onbeïndruk.

3 Afrikaanse woorde met ‘n veel vuiler geskiedenis as wat jy verwag het

Ruminasies oor Die Antwoord: Proloog
Die ruminasies oor Die Antwoord neem langer om neer te pen as wat ek verwag het. Intussen, hier is solank 'n foto van 'n skoen. Dis wit. Nes die onderwerp.

Moontlik verwante inskrywings:

Ruminasies oor Die Antwoord: Voorwoord

Twee ruminasies oor Die Antwoord

As hierdie skoen kon praat…

Die dawerende stilte van kapitaliste in krotbuurte
The inherent vice of capitalism is the unequal sharing of blessings; the inherent virtue of socialism is the equal sharing of miseries. –Winston Churchill

In die woonstelkompleks waar ek en 'n vriend tans bly, is daar 'n ongelyke aantal parkeerplekke per wooneenheid. Sommige eenhede het twee parkeerplekke, ander het een – en dan is daar twee enkele eenhede waaraan daar drie plekke toegeken is.

Ons woon in een van laasgenoemde eenhede, wat natuurlik beteken dat ons – volgens ons kontrakte met die eienaars, die nommer van my woonsteleenheid en die nommers wat op drie betrokke parkeerplekke geverf is – geregtig is op drie volle staanplekke. Ons het elkeen 'n motor en gebruik die oorblywende parkeerplek dus as staanplek vir besoekers. Binne die konteks van die woonstelkompleks is dit 'n soort luuksheid, aangesien daar slegs drie besoekersparkeerplekke in die hele kompleks is.

Dis hier waar die pôpô die waaierriem tref.

Tot onlangs is die derde parkeerplek pal beset deur van die ander inwoners wat slegs een parkeerplek het. Die meeste kon ek tot dusver vriendelik verjaag, maar een het gereeld aangehou om daar te stop. Dis iets my tot dusver gruwelooslik irriteer het- tot so 'n mate dat ek begin het om hom vas te parkeer en, toe dit nie gewerk het nie, netjies geformuleerde skyndreigemente in hogere Afrikaans met sy ruitveërs teen sy voorruit vasgepen het. My rasionaal:

Ek betaal hiervoor. Dis myne. Ek is geregtig hierop. Derhalwe: Skoert.

Sy waarskynlike rasionaal:

Dude, julle’t drie plekke. Ons het net een. Die derde parkeerplek word nie 24/7 beset nie – trouens, daar staan slegs 'n motor as jy 'n besoeker ontvang. Dit maak tog net SIN om daar te staan wanneer niemand daar staan nie. Anders word die parkeerplek gemors. En in elk geval: ek doen dit slegs wanneer ek dink jy’s nie hier nie.

Die netjies geformuleerde skyndreigemente het (sover ek kon agterkom, in elk geval) gewerk. Roofparkeerder X roof nie meer nie. Tog is ek seker hy’s effens nors daaroor en sal, as hy toestemming kry, midelik gebruik maak van ons parkeerplek. He suffers, I prosper – en daar is niks wat hierdie situasie binnekort gaan omkeer nie.

Tussen my en die roofparkeerder is hy dus (in hierdie opsig) 'n kommunis en ek 'n kapitalis. Ek glo dat my eiendom inderdaad myne is (om watter wettige rede ookal), dat ek daarmee mag maak wat ek wil en dat ander mense geen reg daarnatoe het nie, terwyl hy reken dat alle beskikbare rykdom en hulpbronne (in hierdie geval: parkeerplekke) gelyk tussen alle betrokke partye verdeel moet word, sodat almal ewe veel kan kry. Wanneer hy dus my parkeerplek roof, maak dit vir hom volkome sin.

Wat verskil, is ons definisie van wat “regverdig” is – iets wat anders lyk in kapitalisme as in kommunisme. Wat natuurlik ooreenstem, is die rede vir ons strydige parkeerplekoortuigings: wat ookal vir ons die beste is, dit ag ons as regverdig.

Bogenoemde is 'n konflik wat nie sommerso opgelos kan word nie en dis een van Suid-Afrika se grootste probleme – en in Suid-Afrika is die stryd natuurlik nie om parkeerplekke nie. Dis om rykdom – om eiendom, voedsel, sosiale aansien en 'n swetterjoel ander dinge wat met geld verbind word.

Wanneer die ANC Jeugliga dus aankondig dat hulle die “kapitaliste” se rykdom (soos myne) wil nasionaliseer, sê hulle in effek: party mense besit veel meer as ander mense – en dis onregverdig. Om geregtigheid te laat seëvier, sal beteken om die beskikbare rykdom in die hande van die staat ('n begrip wat vir hulle waarskynlik sinoniem is met “die Mense”) moet val, sodat dit regverdig aan almal uitgedeel kan word.

Desnieteenstaande die feit dat kommunistiese diskoers in wese op 'n selfvernietende argument rus (die spanning tussen die proletariaat en die bourgeois wat bestaansreg aan die idee gee, kan immers slegs bly voortbestaan indien daar deurgaans ekonomiese ongelykheid is), maak dit meestal sin vir almal wat dit aanhang, omdat hulle brandarm is.

As jy bykans niks het nie, is jou definisie van “regverdig” sonder twyfel dat almal ewe veel moet hê, eerder as dat sommige mense baie meer as jy het. As jy egter alles het wat geld kan koop (of, op die minste, 'n relatief gemaklike lewe lei), is jou definisie waarskynlik een met 'n tikkie meritokrasie: dat diegene wat rykdom deur die sweet van hul aanskyn en hul goeie verstand verdien het, dit toekom.

As jy brandarm is, in 'n sinkdakhuisie woon en taai arbeid in onmenslike ure moet verrig om die mees basiese behoeftes te kan bekostig, dan het Julius Malema se nasionaliseringsuitsprake sommer baie sin vir jou.

As jy DSTV agter sekerheidshekke kyk en in jou oorvloedige spaartyd kan filosofeer oor die rol van iets so metafisies soos taal as 'n tersiêre onderrigmedium en in dieselfde asem sommer kans kry om die blerrie kommuniste uit te kryt – wel…dan maak neef Malema se nasionaliseringsuitsprake waarskynlik net mooi zero sin vir jou.

Soos ateïste in 'n loopgraaf is daar weinig kapitaliste in 'n krotbuurt.

Is daar 'n oplossing vir hierdie problematiek? Waarskynlik nie. Dit kom alles neer op individuele kontekste. Wat vir een party heeltemal sin maak, is vir 'n ander een die mees absurde idee onder die son, wat 'n mens natuurlik laat wonder: kan enigiemand ooit aanspraak maak op 'n wêreldbeeld of 'n morele raamwerk wat nié idiosinkraties is nie? Presies hoe nutteloos en niksseggend is argumente wat verweer: “ja, maar dit kan tog nie – want dan verval ons in relatiwisme” nou eintlik?

Is dit hoegenaamd moontlik om hierdie soort spanning in Suid-Afrika op te los?

Moontlik verwante inskrywings:

‘n Oomblik van stilte

KKNK – oordenking #1

Beskawing is skisofrenie

Verbrand jy Dertigers se digbundels?
Ek het hierdie rubriek van Heinz Oldewage, waarin hy die volgende kwytraak:

Vir wie dit mag aangaan:

Hiermee dien ek amptelik my bedanking in as Afrikaner.

Ja, net so. Tot hier toe en nie verder nie.

met 'n glimlag gelees.

Hoe, het ek ietwat geamuseerd gewonder, bedank 'n mens uit 'n identiteit? As dit iets is waaruit 'n mens in die eerste plek kan bedank – wie het die titel dan aan jou toevertrou? Waar dien jy die bedanking in? Wat word jy daarna? (As jy nie veel verander nie, wat was die punt van die bedanking dan?)

Hoe lê 'n mens jou Afrikanerskap neer?

Eet jy minder koeksisters?

Praat jy minder Afrikaans?

Luister jy minder na Fokofpolisiekar?

Stamp jy jou kop herhaaldelik teen jou lessenaar tot jy genoeg breinskade opgedoen het om te vergeet wie Steve Hofmeyr is?

Verbrand jy Dertigers se digbundels?

Druk jy jou vingers in jou ore wanneer jy verby ander Afrikaners loop en skree fonemiese parafrases met geknerpte oë?

Hoe maak jy jou los van 'n vloeiende identiteit, waaroor niemand in elk geval vir die afgelope paar dekades al kan saamstem nie (maar wat tog bestaan), wat by jou gekweek is van kindsbeen af? Hoe kom jy los van Afrikaner-wees as jou definisie daarvan waarskynlik verskil van elke ander Afrikaner wat jy ken? Hoe los jy jou verlede agterna?

Om te sê jy bedank as Afrikaner klink dramaties, ja – maar is dit hoegenaamd 'n sinvolle stelling?

Moontlik verwante inskrywings:

Van gate en van vuur

Wat Eugene Terreblanche se dood my geleer het

Ek is nie ‘n alternatiewe Afrikaner nie