Het ons maar geluister
Van die reaksies op my nuutste rubriek is (heel verstaanbaar) uiters emosioneel: Ek is dood. Ek bedoel dit nou nie metafories of simbolies of whatnot nie. Ek is letterlik dood. Opgekerf. Aan flarde gesny deur ‘n ruwe barbaar met ‘n lang mes. Bloed koek om my slape, vlieë krioel in my neusgate. Kraaie pik my [...]
Suid-Afrika is 100 jaar oud vandag
…en steeds weet die meeste van ons landsburgers nie hoe om te rocketjump nie. Skandalig.
Die ongelooflike filosofiese vraagstuk (Ver 30.0)
Wat staan ‘n ver-regse Afrikaner wat ‘n barbaarse, swart aanslag teen die Boerevolk om elke hoek en draai bespeur te doen wanneer hy van ‘n wit man lees wat ‘n wit meisie vermoor en haar hande afkap? Knyp hy sy oë toe, druk sy hande oor sy ore en mymer herhaaldelik: “I like ponies…I like [...]
Jy’t baie gebou, liewe Afrikaner #105429, liewe Afrikaner #2121032, liewe Afrikaner #43432…
Die reaksie toe ek onlangs geskryf het: “Jy het niks gebou nie, liewe Afrikaner”, was verblydend. Bykans niemand het met my saamgestem nie en ek is behoorlik die retoriese roede toegedien oor die inskrywing se standpunt. Dit kan net een ding beteken: as jy tyd afstaan om te lees wat ek skryf, kan jy na [...]
Dupliek van die linkse, uitverkoopte snotkop
Ek skryf met my linkerhand…of iets: Hoe durf ek – ‘n linkse, uitverkoopte snotkop – immers skryf dat daar nié ‘n horde moordlustige barbare iewers sit en wag vir die regte oomblik om op die weerlose, kaal Afrikaner toe te slaan nie? Hoe durf ek insinueer dat daar geen plaasmoorde is nie? Hoe durf ek [...]
Hofmeyr vs Hofmeyr
Steve Hofmeyr oor Julius Malema You have been a phony from the day you set out to champion a defiance from a period you we not even born. Steve Hofmeyr oor Eugene Terre’Blanche [Sy] roeping was om die boeresiel te verwoord, om die onafhanklikheidsideaal te bepleit, om die swaar skatkis van Voortrekker erfenis oor te dra [...]
WTF, Jacob Zuma?
As ‘n mens lees van ‘n president wat 8 maande laat is met die uitvoer van ‘n eenvoudige, dog broodnodige prosedure – en dan moet lees dis jou eie president en dat ‘n derde van sy kabinet dieselfde laksheid toon – kan ‘n mens nie anders as om jou kop in skaamte te laat sak [...]
Jy’t niks gebou nie, liewe Afrikaner
Liewe Afrikaner Jy’s lief daarvoor om dit te sê: dat jy die land se paaie, brûe, hawens, vliegvelde, universiteit en ander belangrike infrastruktuur gebou het – en dat jy nou, ten spyte van hierdie indrukwekkende prestasies, verstoot word: Maar dis nie heeltemal waar nie. Sien, jy’t eintlik niks gebou nie. Jy’t in jou middelklas woonbuurt [...]
SWB, get back to work
‘n Klomp “regse” Swede (die sogenaamde Sweedse Weerstandbeweging, of SWB) het die Suid-Afrikaanse vlag tydens ‘n protesaksie by die Suid-Afrikaanse ambassade in Swede verbrand. Vir hulle en hul premoderne rite het ek dieselfde woorde as vir enigiemand anders wat helder oordag staak (en vullisblikke omstamp of liedjies in ‘n stadion gaan sing tot die daeraad [...]
Driehoek & Sirkel – Episode 5 (Touch me on my studio)
André Visagie, sekretarisgeneraal van die AWB, het tydens ‘n onderhoud op etv die ateljee moerig verlaat – dit nadat hy herhaaldelik versoek is om aan ‘n omroeper se ateljee te vat. Driehoek, slim ventjie wat hy is, weet net hoe om hierop te kapitaliseer: STOP THREATENING THAT WOMEN!

