Cabaret ‘n (soms oorverdowende) sukses
Foto: Bernard Bravenboer Ek kom nounet uit die HB Thom-teater, waar ek Cabaret se openingsaand bygewoon het. Dit het effe wankelrig begin (wat ‘n mens seker kan verstaan – dit was die eerste aand), maar vinnig tempo opgetel en geëindig op ‘n hoë noot. Marthinus Basson ken sy storie. Van die karakters se Duitse en [...]
BakGat nogal Bakgat
Vandag is my afdag by die universiteit en omdat ek boonop na die serfinale op antibiotika is (lank lewe lae immuniteit) kan ek nie veel doen behalwe in my kamer sit en blog nie. (Julle moes dit nou al seker agtergekom het.) Ek het toe maar BakGat gekyk – ‘n film waarna ek al lankal [...]
Vandag, môre, nooit weer saam nie.
Nadat ek die finansiële kat uit die boom gekyk het, het ek besluit om my tjekrekening by ABSA ‘n vriendelike skop onder die anus te gee (hoe’s daai vir ‘n uitgebreide anglisisme?) en eerder hoofsaaklik by CAPITEC (waar ek nou al vir ‘n geruime tyd rekeninge het) te begin bank. ABSA se bankkoste is bloot [...]
Kringe in ‘n Bos
Terwyl ek hierdie naweek op die akkerdorp swoeg om ‘n 15-bladsy opstel oor Vincent Pienaar se Kringfluit te voltooi, laat ek julle met die onvolledige, amptelike nie-amptelike kitaarkanon van vanjaar se KKNK. Click hier (of daar bo) vir ‘n verslag oor die bespelers van die enigste instrumente wat goeie kringfluite tot gevolg het. As arme [...]
Toe groei dit op my
(Die Matie, 7 Februarie 2007)
Re:Re:Re: Anker slaan ‘n slag
Slaghuis is ‘n meesterstuk. Ek het dit gisteraand saam met Jaco gaan kyk en myself heeltemal daarin verloor. As jy voor Saterdag op Stellenbosch kan kom en 20:15 by die HB Thom Teater kan wees, doen jouself die guns en gaan kyk dit – dit gaan die beste R20 wees wat jy in ‘n lang [...]
Swanesang van ‘n flonkerende inkVis
Hopelik dra die linkerkantse resensie (click om te vergroot) by tot die huidige afwesigheid van diskoers oor Swanesang. Ek het ‘n voorgevoel dat party mense die josie in gaan wees oor my verwysings na Jesus en die skeppingsverhaal, maar dis nou maar een maal hoe tonge na kieste pilgrimeer en fonemiese parafrases hulleself bekeer. Dalk [...]

