Category Archives: Sommer

Die ongelooflike filosofiese storie van die halstarrige koejawelpit

Jambu_Batu[1]

So. Gister gryp ek 'n koejawel. 'n Eetbare koejawel. En ek tjop sy kop en sy gat af en kerf hom aan flarde en steek sy stukkies stukkie vir stukkie by my mond in. Dit was vreeslik lekker. Ek wou dadelik nog een gaan kry, maar met die laaste happie het 'n halstarrige pit besluit [...]

Posted in Sommer | Tagged , , , | 2 Comments

Hoe om met jouself te speel (in Drop D)

Hoe om met jouself te speel (in Drop D)

Die vorige keer wat ek myself opgeneem het terwyl ek kitaar speel, was in 2007 – met 'n goedkoop digitale camcordertjie wat ek by iemand uit my koshuisdae geleen het. Ek’t onlangs 'n goedkoperige DSLR (‘n Canon 550D) aangeskaf en toe scheme ek – hoekom nie weer iets opneem nie! Die resultaat was toe hierdie vinnige stukkie improvisasie.

Also posted in Musiek | Tagged , | 10 Comments

kwadrippil-een

1111

  Jierts – en daar tref ek toe die 1111-kerf. Met hierdie inskrywing. Hy is gepubliseerde inskrywing #1111 en heet kwadrippil-een. So. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om my oorle goudvisse te bedank. Beide van hulle. Juliaaarse en Floyd, julle was die blommetjies in my lewe. Mag julle die hiernamaals nasionaliseer tot [...]

Also posted in Self | Tagged | 10 Comments

Soms is dit lekker om dom te wees

obrigado thumb

“Obrigado! Obrigado!” Ons sit in ‘n skuit langs die kus van Mosambiek (die dorpie waar ons oornag, heet Vilankulos) en maak mildelik gebruik van die enigste Portugese woord wat ons regtig ken. Saam met ‘n ander paar toeriste wag ons opgewonde om by 'n rotsrif langs ‘n eiland te gaan snorkel.

Also posted in Self | Tagged , , , , | 5 Comments

Die grusame laaste oomblikke van Count Speedo

count speedo

Dit was so verskriklik dat selfs my kinders se kleinkinders se huurvrouens nooit daarvan te hore sal kom nie. Behalwe as hulle hierdie blog lees. Wee.

Posted in Sommer | Tagged , | 2 Comments