Faaitieng faaier wif faaier
Want die mees effektiewe metode om sensuur teë te werk is om jou eie gesig te sensor. (Of ‘n Twibbon te kry. Dit verrig glo ook wondere.)
Goeie joernaliste skryf immers nie ongeverifieerde stories nie
Om die een of ander rede verwar mense die ANC se voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting met die voorgestelde mediatribunaal. Wanneer koerante hieroor berig, word sowel tribunaal as wet genoem, maar handel die meerderheid van die berig dan oor die wet. (Sien byvoorbeeld hierdie berig van die Mail & Guardian.) Besoek gerus self ‘n [...]
Die suurgeit van onze dames met notaboekies
Ek het ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi rakende die veelbesproke mediatribunaal en wil dit graag aan die hand van ‘n storie uit my universiteitsjare doen. Drie jaar gelede, op 9 Augustus 2007, het Eendrag (‘n manskoshuis by die Universiteit Stellenbosch) se boonste verdieping afgebrand. Ek was woonagtig in Helshoogte (nog ‘n manskoshuis, aangrensend [...]
Naspers ondersteun TopTV
Maatskappye se geldlus, gepaard met ‘n stewige dosis burokrasie, lei soms tot absurde situasies – soos prominente advertensies vir TopTV (Naspers se eerste kompetisie in die betaaltelevisiemark in 20 jaar) wat op Huisgenoot (Naspers se gewildste tydskrif vir bykans 100 jaar) se webtuiste (die een sonder ‘n favicon) verskyn: Is dit net ek, of skiet [...]
Hersenskimme, Dan. Jou kop. Hy’s vol daarvan.
Van die meer kostelike kommentaar op my rubrieke by Nuus24 is dat ek “links”, “uitverkoop” of ‘n “volksverraaier” is. Die nuutste hiervan kom indirek van Dan Roodt af, wat in ‘n rubriek op Praag na aanleiding van my en ander rubriekskrywers se kommentaar meen: Op grond van die keuses en standpunte wat Naspers, sy direksie en [...]
Terwyl Die Burger nou ‘n nuwe redakteur kry…
Kan hulle sekerlik ook iemand aanstel om seker te maak foto’s word nie so op die internet gepubliseer nie? Joernaliste van die 21ste eeu behoort ten minste te weet wat dit beteken om foto’s te crop, dan nie? In ieder geval, ek wens die nuwe redakteur sterkte toe. As hy dit kan regkry om die [...]
As die joernalistieke kool nie die sous werd is nie
Ek het onlangs ‘n vreemde gesprek met ‘n bekende Suid-Afrikaanse joernalis gehad. Die resultaat was hierdie rubriek (name verwyder ten einde die persoon onnodige verleentheid te spaar): Dis immers een ding om ‘n binneband in die pad buite ‘n plakkerskamp te sien brand en af te lei die inwoners betoog teen slegte dienslewering. Dis ‘n [...]
Tjirs, New York Times
Sjym. Die New York Times beplan om in 2011 geld te begin vra vir die lees van die meeste van hul inhoud. Die maatskappy reken: “This will enable NYTimes.com to create a second revenue stream and preserve its robust advertising business”. Dit gaan dus duidelik om die New York Times hier – hulle moét aan [...]


