Gediggies by die see
Ek en ‘n paar oud-kollegas van Die Departement tree vandag en môre op as beoordelaars by die Wes-Bolandse Eisteddfod in Langebaan. As die geleentheid hom voordoen, pos ek ‘n paar foto’s. Diksie ftw! As jy ‘n ouer is, let asseblief daarop dat ek nie omkoopbaar is nie. Met dinge soos biltong. En…eh…biltong…
gediggies oppie interwebs
Twee jaar gelede, toe ek ‘n honneurstudent en teetowenaar was, het ek ’n lamentasie oor die algemene belangstelling in Afrikaanse poësie gepubliseer; vanjaar het Louis Esterhuizen en Marlise Joubert onwetend ‘n oplossing hiervoor verskaf in die vorm van Versindaba.co.za. Dié webtuiste (wat aangedryf word deur WordPress) word daagliks opgedateer met relevante artikels – dikwels met bydraes [...]
Haikoe vir die koue
vlieg is nes ‘n braai as jy brand en afwaarts val stink jou vlees na vlam
Eybers oorlede
As jy nie die gesig op die foto hierlangsaan herken nie, moenie sleg voel nie. Dis die bekende Afrikaanse digter Elisabeth Eybers en digters is nie juis bekend vir hulle koppe nie (pun intended). Maar begin nou dadelik hartseer voel. Eybers is die naweek in Nederland oorlede aan natuurlike oorsake. André P. Brink meen sy [...]
Kar
‘n elegie die tweeduisend sewehonderd agt en twintig halwe brode op sy oë glinster nutteloos in die sekelmaan; traag om sy strot swaai ‘n bottervat. verby die nedersetting jaag hy, mieliemeel flonkerend in sy kieste verby die Kaap wat steeds Hollands is (elke hektaar oorbevolk) verby sinkfraktalle en gratis elektrisiteit en stof. niksnutte dink hy [...]
7.0
Vir Johan Kruger (omdat my tong aan my kies vasgegom is) en Antie Serdyn (wat my soms leer om minder te babbel en meer te lees): die wysheid van Lubertus Jacobus Swaanswijk. een goed woord vindt steeds een goede plaats meng ze de schone sterke leugens met het kermende grint op kerkhoven en in kraamkamers [...]
Om te smul aan ‘n iris
Onze vrede is een huid van vlammen onze vrede is een huid van vlammen onze vreugde is een huis vol vuur onze aandacht is kappen op valken een opengespalkte angel is ons inzicht inzichtbaar in mijn gezicht maar in mijn gezicht eetbaar zijn je ogen groen smaakt de lente van je iris en je stem [...]
DigBy: Transformasie
— tor-teodisee eers: die triomfantelike flakker van vlerke swierig in die maanlig, gepantser en geveer omgeef met membraan en eksoskelet stip, soos die Horlosiemaker blindelings dikteer. dan: paniek in die voelers. flitsbeelde van dop en mandibel, spigtig asof kreet uit aar en spier opwel wyl harsings stuif en vliese grif in fletsrooi vleis op glas. [...]
Vingeroefening #4 (Alpha 1.0)
(Die onderstaande sonnet is vandag geskryf tydens telefoondiens by Die Departement. Ek dink ek het ‘n nuwe woord gemunt, alhoewel ek nie seker is of my vorm daarvan goeie grammatika is nie. Take that, HAT.) Bomskok bloedsproei sif siedend tussen spaanders en sinterige oogroet op torso’s neer slierte vlees flonker rou en soos ‘n veer [...]
Vingeroefening #3 (Alpha 1.0)
Brief aan beminde dit was die dae ná ek moes lees dat voorts my lewenssop A-negatief sou wees (klinies op ‘n kaartjie wit soos die verse wat jy nie opteken nie, bleek soos jou vlees) dat ek jou krulle vir kakkerlakke aansien, jou kop ‘n kantelende atrium bouvallig, gevul met limf en katterakke ‘n tamatie [...]

