Category Archives: Poësie

o die blye tyding

Breyten Breytenbach se nuwe bundel, die windvanger, is gister bekendgestel. Koop dit. Koop nog een. Plaas 'n kopie in jou aktetas / rugsak / skooltas / gatsak en 'n kopie op jou toiletbak. Jubel. Herhaal. 42% van julle dink xilofone is cooler as aartappels. Is daar iemand wat nie weet wie Jan Afrika is nie?

Posted in Poësie | Tagged , | 17 Comments

Ongeluk

‘n Insident die naweek op Oudtshoorn het my laat dink aan hierdie kort gediggie, wat ek geskryf het toe ek sewentien was: Verwronge staal het in stilte geskree; vergruisde vlees het stil, gedwee geroep tussen klippies en stukkies skrapnel – op soek na 'n hemel in 'n yskoue hel – en 'n siel en 'n [...]

Posted in Poësie | Tagged , | 11 Comments

Gala/f/blaas

Gister in die assistentelokaal by die Departement kom Dr Foster die vertrek binne. Sy moet die aand aan haar referaat werk en bied vir my haar komplimentêre kaartjie vir die Skrywersgala in die HB Thom-teater aan. Wil ek gaan? Natuurlik wil ek gaan. Die skrywersgala is (so word daar gesê) die hoogtepunt van die Woordfees. [...]

Posted in Poësie | Tagged , , | 16 Comments

Nuusflits

Ek weet nie mooi wanneer dit was nie, maar iewers tussen Karl wat my kom wakkerklop het vir ete, die nuusflits oor die klein tsunami wat op hierdie oomblik na Rusland en Japan oppad is en Etienne wat al die koekies in my yskas kom leen het om sy meisie mee te beïndruk, het ek [...]

Posted in Poësie | 6 Comments

blugh

ek is nou besonder gatvol vir digters wat veertien reëls kots en dan vrek avant-garde daarop aandring dat dit 'n sonnet is

Posted in Poësie | Tagged | 4 Comments