Johan Swarts

Oor die sinloosheid van “die mooi Afrikaanse woord”
In pogings om hul taalgebruik “suiwer” te hou, soek mense dikwels na “die mooi Afrikaanse woord” vir 'n Engelse een. Weens ooreenkomste tussen die twee tale (beide het Germaanse wortels en is relatief analities) is dit dikwels moontlik om sinvolle Afrikaanse ekwivalente vir Engelse woorde te kry, maar daar is dikwels ook kere waar “die mooi woord” geheel en al ontbreek.

Taalpuriste weier gewoonlik om hierdeur ondergekry te word. Hulle sal elke woordeboek wat hulle kan opspoor, raadpleeg en elke vriend wat hulle ken, bel. Wanneer hulle uiteindelik ontdek dat daar nie ekwivalente vir alles in Afrikaans is nie, troos hulle hulself daaraan dat daar darem 'n frase of twee in Afrikaans is wat naastenby dieselfde funksie kan verrig as die Engelse woord wat hulle in gedagte het, gebruik dit en wieg dan vir die volgende drie weke getraumatiseerd in die fetale posisie onder gietende water in die stort rond.

Die idee dat daar 'n “mooi Afrikaanse woord” vir elke begrip op aarde is, is sinloos. Om mee te begin is daar veel minder woorde in die Afrikaanse leksikon as in dié van ander tale. Afrikaans is glad nie so klein as wat mense dikwels voorgee nie (omtrent 20 – 30 miljoen mense kan dit verstaan), maar dit kom nie naby tale soos Urdu, Frans, Duits, Mandaryns en Russies (met hul honderde miljoene sprekers) nie. Relatief gesproke is daar min mense wat dit praat en daarom noodwendig minder Afrikaanse woorde wat vir nuwe fenomene gemunt word. Wat blote volume aanbetref, is dit onwaarskynlik dat Afrikaans ooit groter tale se leksikons sal verbysteek.

Selfs al was daar ewe veel woorde in Afrikaans as in 'n ander taal, sou dit nog steeds nie moontlik wees om altyd “perfekte” vertalings tussen die twee te kry nie. Dit sou immers moes beteken dat daar 'n een tot een verhouding is tussen woorde en voorwerpe of begrippe – 'n idee wat nog nooit regtig ernstig opgeneem is nie. Daar is niks inherent betekenisvol aan woorde nie – hulle is konvensies wat op unieke maniere gebruik word betekenis oor te dra in 'n oneindige reeks taalspele. (Stry? Probeer gerus vir 'n Spanjaard verduidelik jy ry ‘n ”Pajero”.)

Afrikaans tree verder ook sintakties anders as Engels op. Daar is strukturele verskille tussen die twee tale wat dit onmoontlik maak om begrippe woord vir woord te vertaal. Neem die eenvoudige Engelse sin:

[1] Peter hugs Mary.

In Afrikaans sou ons kon sê:

[2] Peter gee Mary 'n drukkie

‘n Eenvoudige parse vir [1] sou as volg kon lyk:

S

NP     VP

|	|	NP
Peter     hugs     Mary

Waar S = Sentence, NP = Noun Phrase en VP = Verb phrase.

Die werkwoord in bogenoemde voorbeeld word monotransitief gebruik, dit wil sê: dit neem slegs 'n direkte voorwerp (in hierdie geval “Mary”) en verbind dit aan die onderwerp (“Peter”).

Die Afrikaanse weergawe is 'n rapsie ingewikkelder:

S

NP	VP

|	|	NP	NP
Peter  gee     Mary  'n drukkie

Anders as in [1], kan die werkwoord in [2] nie op sy eie aandui dat Peter danig met Mary raak nie. Die werkwoord (“gee”) word hier ditransitief gebruik en neem nie slegs een nie, maar twee voorwerpe. Die direkte voorwerp is steeds “Mary”, maar ten einde Peter se danigheid teenoor haar in Afrikaans aan te dui, is “‘n drukkie” nodig as indirekte voorwerp. Die drukaksie word genominaliseer – wat 'n werkwoordstuk in Engels was, het in Afrikaans 'n naamwoordstuk geraak.

‘n Mens sou natuurlik heel gemaklik [1] se patroon saam met ander werkwoorde in Afrikaans kon gebruik. Jy sou kon skryf: “Peter omhels Mary”, of bloot “Peter druk Mary”, maar afhangende van wie jy vra, sal dit nie heeltemal dieselfde betekenis oordra nie. “Druk” beteken waarskynlik iets heeltemal anders vir 'n tienerseun as vir 'n fisikus en “omhels” bring 'n positiewe intensiteit mee wat nie noodwendig deur “hug” op sigself oorgedra word nie.

Uiteraard is daar verskeie sulke gevalle in Afrikaans, terwyl die omgekeerde natuurlik ook waar is van Engels (probeer gerus “die appels rol onderdeur die tafel” na Engels vertaal), maar wat drukkies gee aanbetref, speel Afrikaans tweede viool. Dis glad nie verbasend dat party Afrikaanssprekendes eerder van “hug” as van “drukkies gee” praat nie. Dis bondiger.

Taalpuriste sal natuurlik iemand wat “hug my!” sê, berispe en aandring op die Afrikaanse weergawe, maar dis te betwyfel of mense ooit werklik na hulle sal luister. Taal se funksie (as 'n mens van so iets kan praat) is immers nie om “suiwer” te wees nie (dit op sigself is in elk geval 'n twyfelagtige begrip) – dis om bruikbaar en verstaanbaar te wees. As 'n “suiwerder” sin moeiliker is om te formuleer en langer gaan neem om te gebruik, gaan min mense dit gebruik om mee te begin.

Daar bestaan eenvoudig nie 'n “mooi Afrikaanse woord” vir elke Engelse een op aarde nie. Om aan te dring dat Engels nooit met Afrikaans gemeng mag word nie, is in wese maar om aan te dring dat 'n lomp oplossing telkens voorkeur moet geniet bo 'n eenvoudiger, elegante een.

And that’s just stupid.

Moontlik verwante inskrywings:

Om aan die speen van die Afrikaanse pers te suig

Dood van die griffelaars (gedagtes oor die amalgamasie van Afrikaanse boekeblaaie)

Wanneer mooi lelik is

Wit vs Wit
Wit mens in gesprek X:

Wat? Geld in 'n fonds sit om beurse vir minderbevoorregtes moontlik te maak en die land se ekonomie 'n hupstoot te gee? Nooit! NOOIT! Vat jou wit skuld en druk dit in jou onwelriekende agterstewe, my maat. Ek sal nooit na Tutu luister nie – ek het alle respek vir hom verloor. En ek gee nie OM dat dit nie 'n groot bedrag hoef te wees nie. En nee, ek gee ook nie OM of ek dit sommer per SMS kan bydra sonder om 'n noemenenswaardige deel van my inkomste weg te gee nie. My geld is myne! Trap!

Wit mens in gesprek Y:

Stem Tafelberg! Doen dit per SMS! Doen dit vir die ekonomie! Viva, Tafelberg, viiiiva!

Moontlik verwante inskrywings:

Misterie vs Kennis

Vuvuzelas vs Trance

Agenda vs Agenda

Err…hallo?
Elke keer wat ek hierdie blog sien, ween ek so 'n bietjie in my binneste. Hier gaan niks aan nie – en dis alles my skuld!

Gits, daar gebruik ek 'n uitroepteken.

Ek’t darem 'n legitieme verskoning. Of so vertel ek myself. Tot dusver het die meeste van my vrye tyd in navorsing vir 'n PhD gegaan. Mits die lug nie op ons koppe val nie, word genoemde PhD in 2012 geregistreer.

So…um…ek blameer Support Vector Machines. En verb chunks. En wyle Prof Fritz Ponelis.

En luiheid.

Ten minste het ek nou hierdie post gemaak.

Tjeers.

Moontlik verwante inskrywings:

Van Coke kartel my retinas

Blou…blou…blou…

Skraap.net en ‘n silwer ponie

Ek het die opstel gecum
Hierdie bisarre (dog amusante) brief in my alma mater se studentekoerant (Manlike student bevredig homself in die biblioteek) laat my dink aan 'n soortgelyke insident wat ek tydens my eie studentejare beleef het.

Dit was die aand voor ek nóg 'n opstel moes inhandig vir die honneursgraad waaraan ek besig was om te werk. Ek is nie seker wat die tema was nie (ek vermoed dit was iets oor die lirieke van Fokofpolisiekar), maar ek kan onthou dat ek besonder baie daarin belanggestel het en myself wou skop oor ek so laat daarmee begin het.

Gewapen met koffie en 'n spul kaasburgers van die Macdonalds oorkant die pad het ek myself gestaal om erudiete akademiaans tot in die vroeë oggendure neer te pen. Dit was 'n raserige aand in die koshuis, so hierdie oefening het plaasgevind het in HUMARGA - een van die universiteit se rekenaarplase waar studente 24/7 ongestoord kan sit en werk.

Die aand het goed begin en vinnig beter geraak. Elke teug koffie het my slimmer gemaak; elke kaasburger het die studentikose wyshede kragdadiger uit my harsings laat peul. Ek het ontleed. Ek het krities bespreek. Ek het gedekonstrueer. Ek het groot woorde gebruik en intertekstuele dialoë met filosofiese reuse aangeknoop en alles was SPARTA.

Namate die hopie kaasburgeromhulsels langs my groter geraak het, het die studente wat saam met my in die rekenaarlokaal gesit het minder geraak. Stuk vir stuk het hulle uitgedun, tot daar later (net na 05:00 die oggend, as ek reg onthou) net een ander kêrel oor was.

HUMARGA is groot. Dit bestaan uit twee vleuels vol identiese rekenaars (ongeveer 240 van hulle) wat in rye op lessenaars staan. Ek het voor in die linkerkantste vleuel, naaste aan die ingang, gesit – die vent agter my het heel agter in die regterkantste vleuel gesit.

Op 'n kol het ek gevoel dis tyd om my bene 'n bietjie te rek. Ek het opgestaan, properlies gestrek en my oë nonchalant oor die rye rekenaars laat dartel – toe my blik skielik op die kêrel doer agter my geval het.

Met 'n bloedrooi gesig was hy verwoed besig om hand aan eie as te slaan.

I was like:

Toe hy opmerk dat hy opgemerk is, het hy abrup, met 'n verdwaasde uitdrukking op sy gesig, tot stilstand gekom. Ons het ietwat ongemaklik vir 'n paar sekondes na mekaar gestaar, tot ek besluit het om maar eerder my opstelletjie na een van die laserdrukkers teen die muur te stuur en myself uit die voete te maak.

Ek het die opstel gecum.

Moontlik verwante inskrywings:

Knyp

Binnelanders fondsinsameling (ten bate van die kykers)

My seun soek werk

Driehoek & Sirkel – Episode 13 (Mediavryheid)
Na maande se speurwerk en fyn beplanning vlek Driehoek 'n internasionale netwerk van aartsrassiste oop en slaan 'n slag vir mediavryheid. Die resultate is grusaam.

Moontlik verwante inskrywings:

Driehoek & Sirkel – Episode 7 (Olé)

Driehoek & Sirkel – Episode 11 (Maandag)

Driehoek en Sirkel – Episode 12 (NYAN)