Ek is 'n jong werkende (lank lewe die burokrasie!) met 'n meestersgraad in Afrikaans en 'n aktiewe belangstelling in taalkunde, natuurlike taalverwerking en musiek. Tans verwyl ek my vrye tyd met 'n weeklikse rubriek vir Nuus24, verdere studies en pogings tot animasie.
Sedert 2006 is hierdie blog my publieke denkruimte. Krap gerus in die argief rond, lees die nuutste essays of teken in op aflewerings deur jou e-pos-adres in die teksarea onder hierdie paragraaf in te sleutel.
As jy verskil met enigiets wat ek skryf, wil ek graag van jou hoor – los kommentaar onderaan enige inskrywing. Gebruik die kontakbladsy om persoonlik met my in verbinding te tree.
Jy kyk tans na die derde iterasie van my blog.
