Archive for afrikaner

You are browsing the archives of afrikaner.

Só maak Regte Afrikaners

Ek het eers nie geweet ek is by Die Genootskap van Regte Afrikaners nie. (Ek het nie eers geweet hulle bestaan nog nie.) So tussendeur die koffie en die gesels kon ek egter hoor hoe iemand aan ‘n ouerige oom met ‘n Bybel onder sy arm vra: “en watter gedeelte lees Doktor vandag vir ons [...]

'n Ander soort Afrikaner @jackparow

‘n Ander soort Afrikaner @jackparow

Mense wat Pajero’s ry is snaaks – hoofsaaklik omdat “Pajero” Spaans vir “wanker” is. Ook, daar’s ‘n sekere soort identiteit wat besig is om stadig maar seker ‘n lepel in die dak te steek: Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hul beleggings praat en [...]

Twee ruminasies oor Die Antwoord

Twee ruminasies oor Die Antwoord

Vir ‘n hele paar weke al is daar twee inskrywings oor Die Antwoord in my agterkop waarby ek net nie uitkom nie. Lui’geit is ‘n verskriklike ding, so ek sal probeer om dit so vinnig moontlik klaar te skryf en te publiseer. Een hierdie week, een volgende week. Tot dan, loer gerus na wat die [...]

Jy't baie gebou, liewe Afrikaner #105429, liewe Afrikaner #2121032, liewe Afrikaner #43432...

Jy’t baie gebou, liewe Afrikaner #105429, liewe Afrikaner #2121032, liewe Afrikaner #43432…

Die reaksie toe ek onlangs geskryf het: “Jy het niks gebou nie, liewe Afrikaner”, was verblydend. Bykans niemand het met my saamgestem nie en ek is behoorlik die retoriese roede toegedien oor die inskrywing se standpunt. Dit kan net een ding beteken: as jy tyd afstaan om te lees wat ek skryf, kan jy na [...]

Jy't niks gebou nie, liewe Afrikaner

Jy’t niks gebou nie, liewe Afrikaner

Liewe Afrikaner Jy’s lief daarvoor om dit te sê: dat jy die land se paaie, brûe, hawens, vliegvelde, universiteit en ander belangrike infrastruktuur gebou het – en dat jy nou, ten spyte van hierdie indrukwekkende prestasies, verstoot word: Maar dis nie heeltemal waar nie. Sien, jy’t eintlik niks gebou nie. Jy’t in jou middelklas woonbuurt [...]

Wat Eugene Terreblanche se dood my geleer het

As ek ooit daaroor getwyfel het, het Eugene Terreblanche se dood vir my ten minste een ding opgeklaar: Ek is ‘n Afrikaner. Ek het nog nooit die man se oortuigings gedeel nie. Ek dink ‘n volkstaat vir Afrikaners is ‘n oudmodiese idee wat nie regtig in die huidige Suid-Afrikaanse werklikheid pas nie. Ek beskou mense [...]

Vergewe hulle, want hulle weet nie dat hulle n00bz is nie (oor taalstryders en die dood van Afrikaans)

Vergewe hulle, want hulle weet nie dat hulle n00bz is nie (oor taalstryders en die dood van Afrikaans)

Breyten Breytenbach se onlangse uitlatings oor die dood van Afrikaans is een waaragter daar veel meer wysheid sit as wat meeste mense waarskynlik besef. Wanneer hy skryf dat hy waarskynlik in sy leeftyd nog die dood van Afrikaans gaan sien, is sy voorspelling – binne die konteks van sy eie ervaringe – akkuraat. Binne die [...]

Verbrand jy Dertigers se digbundels?

Ek het hierdie rubriek van Heinz Oldewage, waarin hy die volgende kwytraak: Vir wie dit mag aangaan: Hiermee dien ek amptelik my bedanking in as Afrikaner. Ja, net so. Tot hier toe en nie verder nie. met ‘n glimlag gelees. Hoe, het ek ietwat geamuseerd gewonder, bedank ‘n mens uit ‘n identiteit? As dit iets [...]

Mag die Suid-Afrikaanse pers hul penne in toom hou oor Swellendam

Die onlangse voorval in Swellendam waar wit mense verontwaardig was omdat ‘n bruin dogtertjie langs hulle wit dogtertjie begrawe is, is tekenend van ‘n soort situasie wat – as dit reg hanteer word – nie as ‘n ramp hoef uit te draai nie. My (en ek is seker talle ander) eerste reaksie op die situasie [...]

Driehoek & Sirkel – Episode 3 (iRoodt)

Soos almal weet, is daar uiters nougesette voorvereistes vir Afrikanerskap. Dan Roodt voldoen nie aan een van hulle nie: