Johan Swarts » afrikaner

Godverdomme, witte jy
Nou die dag eindig ek by 'n goeie koshuisvriend se bachelors op.

Dit was nie 'n tradisionele bachelors nie. Niemand was dronk nie. Ons het rustig rondom 'n braaivleisvuurtjie gekuier en oor koeitjies, kalfies en kantoorpolitiek gepraat. Koshuisherinneringe is die een na die ander opgehaal. Dit was heerlik om weer ons universiteitsdae te herleef.

Toe dit tyd geraak het om die vleis te eet, het een van die ouens leiding geneem en, amper soos 'n vaderfiguur, gemaan:

Hoe lyk dit, ouens, gaan ons gou ‘n…

Hy’t nie sy sin klaargemaak nie, maar almal het geweet wat hy bedoel.

Gebetjie.

Gaan ons gou 'n gebedjie opsê.

Toe almal hande vashou, het ñ indrukwekkende gebed begin.

Vader God, dankie dat ons hier bymekaar kan wees as jong Christen mans, Here. Op die regte manier, soos dit hoort, Here. Here, bless hom waar hy binnekort in die huwelik met sy bruid tree, Here. Bless hulle uit hul sokkies uit. Bless hulle net asseblief, Here. Soos dit hoort. En bless ons. Almal van ons. U kinders.

Et cetera.

Soos die aand verloop het, het dit uitgekom dat party van hulle vanjaar se Mighty Men-konferensie in die Paarl bygewoon het. Dat hulle dit baie positief beleef het. Dat die belangrikste ding in hul lewens tans God is. Die God van Angus Buchan. Die God wat Engelse werkwoorde en naamwoorde gebruik, mildelik seën en glo vrouens hoort agter die stoof.

“Vrouens het net daai natuurlik drang om te submit onder 'n man, jy weet?”, noem een so tussendeur die gesprekke.

“‘Is so,” reken 'n ander.

Dit was moeilik om te swyg.

Toe die aand tot 'n einde kom, het ek met gemengde gevoelens gegroet. Aan die een kant was dit lekker om weer behoorlik met 'n goeie vriend te kuier. Aan die ander kant kon ek nie anders as om ietwat terneergedruk daar uit te stap nie.

Is dit al wat Afrikanermans van my ouderdom uit die lewe wil hê? Is hierdie vroom doelwitte van blessed wees en morele mooibroodjies bak al wat hulle vir hulself ten doel stel in die huidige bedeling? Is dit, as ek Tillich verkeerd mag aanhaal, hul ultimate concern?

Is 'n goeie, nie-oproerige Christen al wat 'n wit ou vandag in Suid-Afrika kan wees? Moet dit sy hoogste ambisie wees om gebless toe word?

Miskien is dit juis wat soveel Afrikanermans na Angus Buchan toe lok. Die goedige aartappelboer se aantrekkingskrag is dalk eerder dat hy 'n ongemaklike storie gerieflik vervang met 'n nuwe een. Die storie waarin Boetman nog steeds die bliksem in is: met hom het ons nou nog nie so lekker geworstel nie. Hy’s ongemaklik, so wanneer ons kan, ignoreer ons hom liefs. Dis tog veel makliker om te vergeet van regstellende aksie, van kolonialisme en rassisme en skuldgevoelens oor al die lelik wat deur die mooi van ons deurmekaar verlede verweef is.

Die goedkoop teologie van “Die Here wil jou net bless!” is 'n gemaklike ontsnappingsroete as jy nie weet wat om met die geskiedenis te maak nie. Dis baie behulpsaam as jy wit en Afrikaans is en graag wil glo dat alles darem nog oukei is.

Alles is nie okei nie.

As jy vandag so jonk en so wit soos ek is, dan weet jy onbewustelik 'n paar dinge.

Jy weet dat, sou jy 'n loopbaan in die politiek oorweeg, jy eintlik maar verdoem sal wees tot niksseggendheid, omdat die aksies van hulle wat voor jou gekom het jou ongevraagd in 'n identiteit wat jy nie soek nie gegiet het.

Jy weet dat, sou jy mik vir 'n hogere bestuurspos in 'n groot maatskappy, jou kanse op die lange duur eintlik maar skraal is, want jy’s wit en manlik en daarom onder aan die samelewing se nuwe ranglys.

Jy weet dat, al was dit nie noodwendig jou eie ouers se skuld nie, jy vir die res van jou lewe vir die sondes van jou vaders sal moet betaal.

Jy’s wit. En wit sal jy bly. Godverdomme, witte jy.

Wat is dan nou makliker om met hierdie probleme te maak as om dit te besweer met oogklappe teen die geskiedenis (as jy dit nie kan sien nie, hoef jy nie daaroor te dink nie!), jou hande in die lug te gooi en te wag vir die Here se revival-blessings wat van bo af op jou neerreën?

Ek weet dis tans betekenisvol en singewend vir baie mans, maar op die lange duur wonder ek of hierdie allesverswelgende, soetsappige godsdiens nie dalk besig is om Afrikaners polities selfs nog meer triviaal te maak nie. Hoe meer tyd jy immers daaraan spandeer om aan God te gee wat hom toekom, hoe minder tyd spandeer jy waarskynlik met die keiser.

Die norm vir Afrikanermans is beslis nie om hulself met die land se politiek te bemoei nie. Hulle aspirasies is selde om leiers te word na wie daar opgekyk kan word. Al wat baie van hulle deesdae wil doen, as ek so na my eie geslag luister, is om goeie Christen mans te wees wat net deur die Here gebless word.

Gelukkig. Geseënd. Deemoedig. En totaal en al oorbodig.

Ek meen nie mense moet ophou om hul godsdiens te beoefen nie, maar as 'n mens so krampagtig reik na die kitsantwoorde van kitsgodsdiens en dié se kitsblessings, dan moet jy dalk begin wonder hoekom jy dit doen. Om net lief te wees vir die Here sal nie – contrary to popular belief – al die geraamtes uit jou voorvaders se kas laat verdamp nie. Jy gaan hulle self daar uit moet karwei.

Oor dertig, veertig jaar gaan ons verantwoording by ons kinders moet doen oor ons aandeel in die Suid-Afrika waarin hulle gaan leef. Wil ons dan regtig vir hulle so 'n antwoord gee?:

Ag, my kind, weet jy – ons was nou regtig nie meer lus om polities betrokke te raak by die res van die land nie. Ons beurt was toe mos verby. Ons het maar ons trailers gepak en ons bybels afgestof en na 'n oom op 'n plaas gaan luister wat vir ons vertel het dat ons niks hoef te vrees nie en dat ons enigste behoefte in die lewe eintlik maar net moet wees om gebless te word sonder dat ons dit verdien.

Dis maklik om te praat oor hoe God groot dinge vir Suid-Afrika sal doen. Dis iets heeltemal anders om self daarvoor verantwoordelikheid te neem.

Moontlik verwante inskrywings:

Tshwane is ‘n naamwoord. Get over it.

Voetnoot

Ek is nie ‘n alternatiewe Afrikaner nie
Sentletse Diakanyo se rubriek “We are not all Africans, black people are!” het verontwaardige reaksies van reg oor Suid-Afrika uitgelok. Persoonlik dink ek die meeste daarvan was oorreaksies. (As die lug nie die komende naweek op my kop val nie, gooi ek graag volgende week self 'n stuiwer daaroor in die armbeurs by Nuus24.)

Een van die meer omgekrapte reaksies op Sentletse was dié van Marius Redelinghuys, 'n jong dosent wat homself 'n “20-something alternative Afrikaner” noem. Dis 'n beskrywing wat my 'n bietjie laat wriemel.

Laat ek dit eers duidelik stel dat ek nie 'n probleem met Redelinghuys het nie. Ek ken hom van geen kant af nie. Hierdie is nie bedoel as 'n persoonlike aanval op hom nie en moet liefs ook nie so gelees word nie.

Terug na my wriemeling.

Ek is 'n Afrikaner. Dis nie iets wat ek gekies het nie. Ek is gebore in 'n Afrikanerfamilie, ek praat Afrikaans, ek ken die kultuur en die geskiedenis. Ek weet my mense het al baie lelike dinge in die verlede aangevang.

Ek wens apartheid het nooit gebeur nie, maar dit het. Ek wens kerke het nie vir jare al die houvas op Afrikaners se psiges as wat hulle tot vandag toe het nie, maar hulle het. Ek wens ek hoef nie gereeld verby plakkerskampe te ry en soms skuldig te voel oor alles wat ek besit nie, maar dit gebeur. (Hel, ek wens die Huisgenoot het nooit ophou digkuns publiseer nie, maar hulle het. Bloody agents.)

Daar’s baie slegte dinge wat ek wens nie gebeur het nie. Die realiteit is natuurlik dat 'n mens nie die geskiedenis kan wegwens nie. Wat gebeur het, het gebeur. Vandag moet ek en ander Afrikaners die nagevolge daarvan verdra, al wil ons soms daarvan probeer wegkom.

Die ding wat my laat ineenkruip van Redelinghuys se beskrywing, is dat dit vir my gelykstaande daaraan is om te probeer weghardloop van jou eie verlede. Deur jouself 'n alternatiewe Afrikaner te noem, stel jy jouself outomaties op in 'n digotomie teenoor “normale” Afrikaners – die plebs wat tog so agterlik en onkundig is. Hulle is die gespuis, jy is die verligte. Hulle is eng, verkramp en besmet met 'n metafisiese banvloek. Jou hande is in onskuld gewas.

Ek dink dis oneerlik. Ek dink nie jy kan jouself sommer net afsny van jou etniese groep se verlede bloot omdat daar sleg in daardie verlede is nie. Trouens, dis vir my bietjie van 'n cop out. En ek dink dis onregverdig om by verstek aan te neem dat al wat 'n Afrikaner is, soos hierdie ouens dink.

Ek is nie 'n alternatiewe Afrikaner nie. Ek dink nie 'n mens kan een wees nie. Ek is bloot 'n Afrikaner. Dis nie 'n wondertitel nie – dis 'n etnisiteit wat saam met sy unieke stel probleme en geite kom. Niemand is perfek nie. Veral nie Afrikaners nie. Om myself te probeer blinkpoets deur 'n adjektief voor my etnisiteit te prop en te maak of ek soveel anders as “al daai slegte Afrikaners” is, sal niks minder as oneerlik wees nie.

Wie’t in elk geval besluit “verkramp” is die verstekopsie?

Moontlik verwante inskrywings:

Jy’t baie gebou, liewe Afrikaner #105429, liewe Afrikaner #2121032, liewe Afrikaner #43432…

Die tweede waarheid oor die Afrikaner

‘n Ander soort Afrikaner @jackparow

Günther Jurgens Kotzé: Post-strukturalis van formaat
"Zijn eigen buik"

Die nuus dat ene Günther Jurgens Kotzé, 'n selfverklaarde “Boere-Viking”, die Balmoral-konsentrasiekampmonument naby Witbank stukkend geslaan het, is tragies, maar ook ietwat amusant.

Hier het ons 'n maltrap Afrikaner wat nie in townships inry om swart families te skiet, bomme tussen sinkhitte plant of blikkies kos opgaar vir die komende oehoeroe (ek wag nou nog) nie.

Nee, hy stormloop die “penis van Satan” – en breek een van sy eie mense se monumente af.

'n Mens moet Günther dit gelyk gee: obeliske lyk sommer baie soos penisse. Hulle is langer as wat hulle hoog is. Hulle is smaller as wat hulle lank is. Hulle is reguiter as krom, stywer as pap. Trouens, as 'n mens mooi daaroor dink, is die hele aarde oortrek van hierdie Baalsmonumente. Omtrent elke liewe voorwerp in die heelal is langer as wat dit breed is.

Dis g'n wonder al wat 'n feminis geskool in die post-strukturalistiese dekonstruksie van die fallogosentristiese Hoofnarratief sien dit om elke hoek en draai, in elke teks, in elke gebou, in elke handeling, in elk nomen, in elke enigiets sonder 'n ovum raak nie. Dis tog duidelik dáár – langer as lank, harder as hard.

Ek weet nie wat vir my die vreemdste van hierdie tragi-komiese voorval is nie – dat hierdie vent dit waardig geag het om 'n stuk van sy eie mense se geskiedenis te skend, of dat hy waarskynlik meer in gemeen met baie hardebaard feministe as Simone De Beauvoir het.

Moontlik verwante inskrywings:

First Post!

Waar kom al daai vlae vandaan?

Hoe lank moet ‘n haas wees?

Ons is selde so vlekkeloos
Perspektief, het Fokofpolisiekar eenmaal gesing, is nie 'n speelding nie. Tog is daar mense wat gereeld bereid is om daarmee te speel, soos hierdie ou, wat skynbaar reken Afrikaners se geskiedenis bestaan uit 'n enkele veldslag:

Dis altyd maklik om 'n “ons” en 'n “hulle” op te haal en dan alles wat goed is aan die “ons” toe te dig. Om mense op te blaas (met bomme, mind you) was natuurlik nooit 'n goeie ding nie, maar so ook is die doodskiet van derduisende mense – of hulle jou nou met assegaaie bestorm of nie – seker ook nie 'n goeie ding nie?

Sou 'n mens nie eerder kon sê dat oorlog altyd ongewens is nie – dat, as bomplantings in Wimpy’s sleg was, Bloedrivier en die geloftedag wat daaruit gespruit het net so sleg was? Dat die trekkers wat Zoeloes voor die voet doodgeskiet het se skietery sleg was, dat die Zoeloes wat die trekkers vol gate wou steek se stekery net so sleg was en dat pogings om enige vorm van moord op te hemel oor die algemeen maar sleg bly?

“Ons” is selde so vlekkeloos soos ons dit graag wil hê, né?

Moontlik verwante inskrywings:

Puntlose posts is pret

Obama en verandering – get down to earth now, please

On behalf of the fool

Braai, brandewyn, bietse en boeremusiek
Ek luister die afgelope tyd nogal baie na Jack Parow se eponymous (sorrie, geen Afrikaanse vertaling vir daai een nie) debuut. Dis goed. Baie goed. Ek moet egter ook bieg – ek raak soms omgekrap vir Afrikaners wat die musiek veroordeel op grond daarvan dat dit te “kommin” na hul smaak is. Sien byvoorbeeld hierdie kommentaar by Rapport:

Of hierdie kommentaar:

Of hierdie kommentaar:

Of hierdie kommentaar:

Of…wel, jy kry die idee.

Ek besef die kêrel se musiek is nie vir almal bedoel nie. (Ek sal dit self nou nie juis vir my ouma speel nie.) Dis wel jammer dat so min mense kan insien hoe die Parow-karakter enersyds 'n slim interteks met die stereotiepe Amerikaanse rapper is, maar andersyds een wat die aanklaers se eie kommin-streep (veralgemening, ek weet) tegelykertyd omhels en parodieer.

Sy lirieke besing sy eie lof op presies dieselfde manier as wat Amerikaanse rappers dit doen: uitspattig en oordrewe, asof hulle probeer oorkompenseer vir iets. Jack kry al die poppies, Jack is die life vannie party, Jack is so gevaarlik dat elke nagklub voor sy rowwe, rou rapstyle neerbuig. Dis egter nie al nie. Met sy liedjies hef Parow  terselftertyd dinge op wat baie Afrikaners as eie aan hul kultuur beskou. Hy’s 'n aardige konkoksie van die Amerikaanse bietse en bling en die Afrikaner se braai, boeremusiek en rugby. Hy’t nie hangups oor wie hy is of waar hy vandaan kom nie en vrede met die verlede. En hy’t 'n nouer band met sy felste kritici as wat baie van hulle dalk sal toegee.

Hy besing immers die lof van rugby. Van braai. Van brandewyn en Coke. Van ‘n nadors. Dis alles presies dieselfde onderwerpe waaroor elke tweede “kunstenaar” jaar na jaar by musiekfeeste sing, presies dieselfde goed waaroor Juanita du Plessis al so dikwels gesing het, presies dieselfde dinge wat baie van haar aanhangers graag aanvang terwyl hulle luidkeels vir die Bloubulle skree.

Die ironie is skryend. As Parow “kommin verby” is, dan is Liesl, Debbie, Minri en kie ook kommin verby. Hulle skud immers gereeld hul boude (of hul biskit) op die maat van 'n pompende Patayo, nie waar nie? Parow doen dit bloot met boeremusiek:

Wakker skrik, Afrikaner. Jy kritiseer jouself.

Moontlik verwante inskrywings:

Kommin se gat(sic)

Parow plaas blomme op die verlede se graf

‘n Ander soort Afrikaner @jackparow