Tag Archives: aKing

Ramfest ’08 DVD launch ‘n sukses

Ramfest 2008 se DVD launch by die Klein Libertas-teater [op Vrydag 24 Oktober - red.] was 'n rasende sukses (met die klem op raas). Battery 9 het op dieselfde aand hul nuutste album, Galbraak, bekendgestel met 'n goeie dosis industriële rock en aKing het die gehoor betower met nommers van hul eerste album, Dutch Courage. [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , , , , | 5 Comments

Oor rock (en die prys van eiers)

[2 van 3] Dalk strydig met die vorige aflewering is Afrikaanse rock eintlik 'n rykmanspel – die musiek van die bourgeoisie. Om 'n rockgroep te onderhou vereis aansienlik meer geld as, byvoorbeeld, 'n kwaitogroep. Kapitaal is nodig vir kitare (elkeen 'n paar duisend rand werd), kitaarversterkers (in sommige gevalle duurder as die kitare), ten minste [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , , , , , , , , | 8 Comments

Oor rock (en hoekom dit broodnodig is)

[1 van 3] In 'n onlangse artikel oor die Kovsie-insident skryf Max du Preez: Daar is 'n genadelose aanslag om ons van ons taal te beroof, hoor ons en lees ons byna elke dag die laaste paar jaar. En tog blom Afrikaanse musiek soos nooit tevore nie en gaan dit baie goed met Afrikaanse koerante [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , , , , | 8 Comments

Gaan Van Coke my oordromme kartel?

Ek het met gemengde gevoelens begin luister na Van Coke Kartel se debuut. Moet hulle nie met Fokofpolisiekar vergelyk nie, het ek vir myself gesê, dis onregverdig. Moet hulle ook nie met aKing vergelyk nie, dis selfs nog meer onregverdig. Gee hulle 'n kans. Aan die ander kant kon ek nie help om hulle album [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , | 19 Comments

aKing dalk net koning

Ek is nogal beïndruk met aKing se eerste single: “The Dance”. Gaan luister gerus hier daarna, sowel as na die kort dog kragtige “Shine your light”. Biejoetiefoel. As die hele album so klink, ry ek summier na 'n musiekwinkel om tent op te slaan. 'n Ander band waaroor ek opgewonde is, is YY (of tooYYise [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , | 4 Comments