Archive for blog
You are browsing the archives of blog.
Archive for blogYou are browsing the archives of blog.
Gedagtes oor die relevansie van die @sablogawardsDie SA Blog Awards 2010 is tans in ‘n finale stemfase. Ek het nie werklik probeer deelneem hierdie jaar nie, omdat ek eenvoudig nie meer die punt van die hele proses kan insien nie. (In die verlede het ek gepoog om iewers te kom in die kompetisie en selfs ‘n troosprys of twee gewen – [...] Ek wou ‘n foto van ‘n onbekende persoon se lyk by ‘n vars ongelukstoneel neemEk het gister verby ‘n ongelukstoneel gery. ‘n Motorfiets is omgery en iemand (vermoedelik die bestuurder) was dood. Hy of sy se lyk het onder ‘n wit doek gelê. Orals was glas en omstaanders en verkeerskonstabels. Alles was naar. My eerste reaksie was om ‘n foto met my selfoon te neem sodat ek dit kan [...] SOSIALE MEDIA SUX0RZ! WTF?!?! #FAIL!Treffende opskrif, eh? Nie eintlik nie. Dit laat nie veel aan die verbeelding oor nie – dit skree op jou en daar is geen aanduiding dat die spreker belangstel in ‘n alternatiewe standpunt nie. Dis nogal arrogant. Dis die soort boodskap wat dikwels in sosiale media te vinde is. Ek word soms stomgeslaan deur mense se [...] Afrikaanse blogsensus: g0g0g0!Blog jy? Jy het nou die kans om jouself vir ewig te verewig in ‘n baie dik boek! Vir ewig! Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van my tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, ‘n e-posadres vir validation en twee [...] Prost (Ver 2.0)Dis altyd vir my interessant om te sien hoe bloggers hulle blogs gebruik om eksistensiëel te groei en dan die titel van die blog verander. Dit beteken twee dinge – hulle kon suiwer deur debatvoering en gesprek met mense wat hulle meestal van geen kant af “ken” nie persoonlike ontwikkeling ondergaan en die blog het [...]
Brekende nuus: ons is nie die nuus nie‘n Mens hoor gereeld hoe die internet besig is om koerante se lewensbloed vol gif te pomp. Sommige sê blogs, twitter feeds en soortgelyke gereedskap is die nuusdraers van die 21ste eeu. Party noem dit die nuwe media (vurige aanhangers gebruik hoofletters) en glo dat nuus soos ons dit ken, besig is om uit te [...] Hoe om te blog – ‘n reeksIn die loop van die volgende paar weke gaan ek ‘n algemene reeks oor self hosted blogging met WordPress vrystel. Dít volg nadat ek talle verwysings van Google gekry het met soekterme soos “wat is ‘n blog”, “hoe blog ‘n mens”, “hoe begin ek ‘n blog” en dies meer. Dit blyk dat die blog-gogga besig [...] GormenDIzer revisitedToe ek destyds rondgespeel het met spikkels (ja, dit is ‘n erkende Afrikaanse vertaling vir “pixels”) in ‘n poging om hierdie blog te ontwerp, het ek talle variasies van een of twee hoof-headers gemaak. Die basiese idee was die outjie hieronder. Hoewel hy glad nie gepas het nie (of eerder, hoewel ek hom nie toe [...] Selfreflektiewe blog-gebooie (1-3)Ek is nie die beste ding sedert gesnyde brood nie. MacDonalds is. Ek kry nie meer hits as wat Steve Hofmeyr gehad het nie. Dis Instapundit se werk. Daarom bly ek nederig. Ek is nie Marilyn vos Savant nie. Daarom is ek soms verkeerd. |