Tag Archives: blog

Selfreflektiewe blog-gebooie (1-3)

Ek is nie die beste ding sedert gesnyde brood nie. MacDonalds is. Ek kry nie meer hits as wat Steve Hofmeyr gehad het nie. Dis Instapundit se werk. Daarom bly ek nederig. Ek is nie Marilyn vos Savant nie. Daarom is ek soms verkeerd.

Posted in Blogging | Also tagged | 4 Comments

Was die wasgoed vloek die vark

Fassinerend. En siek. 'n Sekere LitNetblogger (hy heet Vroueslaner) het onlangs begin skryf oor hoe hy sy vrou slaan. In 'n inskrywing wat “blase” heet, skryf hy: Dit het weer gebeur.  Die houe was berekend, goed gemik.  Daar waar die skade weggesteek kan word met klere… ribbes, skouers, maermerries,… die maag. As ons net vanoggend [...]

Posted in Blogging, Mymering | Also tagged , , , , | 25 Comments

Die eerste maand

GormenDIzer.co.za het gister 'n maand oud geraak. (Of is dit nou 1 + 9 maande? Daar is immers altyd eers 'n swangerskap.) Die skuif na eie webspasie blyk goed te wees vir my trefslaggies, aangesien dit persentasiegewys aansienlik toegeneem het. Daar is nog nie 'n konstante groei soos by my WordPress.com blog nie, maar dis [...]

Posted in Blogging | Also tagged , , , , | 6 Comments

100 Redes om nie te swot nie

As 'n mens my eerste blog buite rekening laat, is hierdie is my eenhonderdste inskrywing. Ter viering hiervan plaas ek 'n foto van die brood wat ek tydens eerstepouse op Forty Days in my matriekjaar geëet het. (Ek het as die pous gegaan, met 'n bypassende bordjie waarop daar “Go To Hell” staan. Dit was [...]

Posted in Blogging | Also tagged , | 4 Comments