Johan Swarts » bosnië

Nag van die erdwurms (‘n storie oor borste)
Na weke se vergeetagtigheid bied ek en Pleindoos trots ons tandemstorie aan. Dit het alles wat 'n goeie tandemstorie moet hê: spanning, intrige, geweld en Pamela Anderson. As jy nie lekker weet wat hier aan die gang is nie, klik hier. Lekker lees!

Wiebe Nothnagel swets, moker sy wekker met 'n plank en voeter van die bed af. Vir 'n oomblik kyk hy benulloos na die Pamela Anderson-plakkaat teen sy plafon en wonder hoekom die meisie met die wêreld se pragtigste slomotion borste teen sy dak vasgespyker is. (Het hy haar dalk daar vasgespyker?)

Toe onthou hy dis net 'n plakkaat.

Hy strompel badkamer toe, groet sy ma binnensmonds wanneer hy verby haar kamer stap en begin sy tande met 'n snoek te borsel.

Willemien Nothnagel is glad nie daarmee beïndruk dat Wiebe (wat haar ma sê is haar broer) weer voor haar in die badkamer is nie. Die reuk van 'n halfgewasde snoekmond, ou sweet en vrot sokkies maak enige ou naar op 'n nugter maag.  Sy klop so 400 keer aan die deur, net om seker te maak die mannetjie onthou darem dat die enigste badkamer in die huis nie aan sy snoekreuk behoort nie.

Oppad terug kamer toe stop sy by ma om te hoor hoe haar date van gisteraand verloop het.  Dit klink of die biker maar nie eintlik veel vreugde gebied het nie.  Dit verduidelik seker hoekom ma alleen daar lê en sulk met die halfgedrinkte bottel Jack op die kassie langs haar.

‘Dis moeilik om ordentlike bikers te ontmoet hier in Bosnië

Dis moeilik om ordentlike bikers te ontmoet hier in Bosnië. Sy het vir haar ma gesê dis nie die beste plek om heen te emigreer om weg te kom van al die misdaad in Suid-Afrika nie, maar haar ma wou nie luister nie. En nou sit hulle in Bosnië. Bos-fokken-nië! Wat het sy gedink?!!?

Wiebe pak sy snoek in die badkamerkassie (dit pas nie mooi nie, die stert peul uit) en gaan terug na sy kamer om vir 'n uur na Pamela Anderson te kyk. Dan verloor hy sy bewussyn.

Met haar ma wat sit en sulk en Wiebe wat al weer 'n erotiese uitpass gehad het, besluit Willemien daar en dan sy kan sommer die huis plunder. Sy sleep alles in die kombuis kar toe en klim in vir 'n roadtrip. Dié het sewe minute geduur, toe raak haar petrol op. Toe slaan sy maar kamp op met haar nuutgevonde kombuisimplemente op die burgermeester se grasperk.

Willemien het na 'n uur se gespartel uiteindelik die tentpenne ingeslaan gekry met die agterkant van haar hak.  Die grond is maar hard, maar wie gee eintlik om? Solank sy net 'n bietjie kan wegkom en rus vir haar siel kan kry.  Sy het mooitjies die laaste van die huis uitgepak toe die burgermeester uitstorm in sy oulike pienk pajamabroekie wat in sy agterkant opkruip omdat die ding jare lank al te klein vir hom is.

Hy is nie baie vriendelik nie, eintlik is hy net plein de moer in.  Willemien verstaan nie lekker nie, maar probeer hom so rustig as moontlik verduidelik dat sy dit nie meer in die huis kan uithou met haar broer wat so bly uitpass nie.  Sy was nog so half deur die verduideliking toe die burgermeester skielik iets verkeerd moes verstaan het.  Al wat sy hoor terwyl hy terug huistoe waggel is iets wat klink soos 911, of was die nou 119.  Nee sy is nie seker nie.  Sy besluit maar dat die man seker maar net nog nie mooi wakker is nie.

Die volgende dag (dis immers Bosnië) kom 'n polisievangwa skreeuend by haar tent tot stilstand. Willemien word summier vir manslag gearresteer (turns out die Burgermeester glo erdwurms het siele) en in die selle geboender. Dit was 'n skoon sel, maar haar selmaat was besonder onhigïenies. Hy't sy tande ook met 'n snoek geborsel. Nes haar broer. Sy naam, seg hy, is Theuns – en hy't 'n liefdeskind.  Hy weet nie waar hy is en hoe hy lyk nie, maar hy weet net hy is baie spyt hy't sy vrou destyds verneuk met 'n ander vrou. Een met 'n voorliefde vir bikers.

Willemien tel net daar twee en twee bymekaar en besef die biker is Wiebe se biologiese pa. G'n wonder Wiebe borsel ook sy tande met 'n snoek nie – Theuns doen dit ook!

Voor sy verder kan praat, verloor Theuns sy bewussyn.

Dit is dieselfde  slomotion borste   as dié teen  Wiebe se dak

Terwyl Theuns daar lê, kyk Willemien op, en sien wat sy verwag het.  Dit is dieselfde slomotion borste as dié teen Wiebe se dak.  Sy kyk af na Theuns en wonder hoe sy die storie tot haar voordeel kan gebruik.  Daar is 'n hele paar dinge wat sy van Wiebe kan eis, nog meer so van Theuns.  Wat het haar ma besiel, wonder sy.  Vir eers moet sy uit hierdie plek kom voor sy enige verdere planne kan maak.

Iets agter die Pamela-plakaat lyk vir haar snaaks.  Met nadere ondersoek kom sy agter dat haar weg na vryheid agter Pamela se borste versteek is.

Terwyl sy haarself by die die gat probeer wurm, begin Theuns roer.

Willemien dink aan haar ma, haar broer, haar vervreemde pa wat miskien voor haar op die vloer lê en bliksem dan die bed op Theuns neer. (Sodat sy bo teen die Pamela poster kan kom, verstaan?) Die bed en haar pa (sy hoop eintlik dis nie hy nie, want hy mag dalk kwaad wees oor die harsingskudde as hy wakker raak) is net hoog genoeg sodat sy die Pamela poster kan afstroop.

Agter die poster, met die stink, beklemmende reuk van vrot, ou snoek, is 'n groot, skreeulelike, afgryslike…

…silikon monster.  Willemien skraap al haar moed bymekaar om deur hierdie silikon agter Pamela se borste te kom.  Alhoewel sy eintlik al half deur die gat gewurm was en toe eers moes terug om die bed om te donner, weet sy dit gaan moeilik wees, daar is baie en min tyd.  Sy strek so tot by die gat, terwyl sy Theuns se neus plat trap.  Skielik kom sy agter dat die gat eintlik 'n teleporter is.  Voor sy haar oë kan uitvee is sy terug in haar kamer, terug by meer probleme as waarvoor sy weggehardloop het.

Hoe vertel sy haar ma dat sy 'n erdwurm vermoor het!?

Hoe vertel sy vir Wiebe dat sy pa eintlik Theuns die trucker is?! Hoe vertel sy haar ma dat sy 'n erdwurm vermoor het?!!? Sy sluip stadig verby Wiebe se kamer, waar hy nog steeds uitgepass lê en kwyl onder die Pamela-poster, verby haar mymerende ma op die rusbank voor die televisie wat infomercials blêr en sluit haarself in haar kamerdeur toe. Getraumatiseer deur die silikonmonster en die sig van die arme bed op Theuns se gesig begin sy Wiebe se placebopille drink. Die hele dorp soek nou al seker na haar. Sy moet 'n plan maak.  Eers die tent verbrand, dan 'n fake ID kry. En dan 'n boobjob.

Aangesien sy in haar deur vassit sukkel sy eers uit die deur voor sy die deur stadig oopmaak. Voor haar staan Wiebe met trane in sy oë en kwyl oor sy snoekbek.  Haar hart raak seer, maar net vir 'n oomblik, sy moet hom maar net sê.  “Wiebe ek het jou pa gekry”  Wiebe kyk met geskokte oë na haar en vra, “waar en hoe groot is sy snoek”  Daar is stilte. Lang stilte, want die hartseer deel is sy het nie opgelet eers na die grootte van Theuns se snoek nie.  Sy sal haar ma moet sê van die wurm, maar sy het meer moed vir so groot stap nodig.  Dan sal sy dringend aan haar voorkoms moet werk, voor iemand haar herken as die erdwurm moordenaar.

Weemoedig stap sy na Bosnië se departement van binnelandese sake, met Wiebe wat aan haar rokspante vasklou en soos 'n boks Pro Nutro agter haar op die teer aangesleep word. Verby die erdwurmlyk loop hulle – verby die grasperke en die burgemeester se hawermoutfabriek en die polisieselle. Verby die kafee op die hoek wat onwettige Fanta verkoop, verby die hoofstraat se enigste lamppaal. Op met die trappe by Binnelandse sake. Moeisaam, traag, vreesbevange, met Wiebe wat sy kop met elke voetslag op die houttrappe kap. Sy moet haar naam verander. Vinnig. Sy durf nie bekendstaan as 'n erdwurm-moordenaar nie.

Maar toe sy by die toonbank kom, begin die waarheid uit haar neusgate borrel soos taai teer deur 'n heuningkoek. Sy slaan op die toonbank met haar vuis en skree angsbevange:

“EK WAS EERS ‘N MAN! EK JEUK!!!!!”

Wiebe is effens geskok deur sy suster se woorde, maar voeg vinnig by, “Ek het jammer gesê dat ek jou roompies vergeet het”.  Sy het nooit die geld gehad om die volle verandering van man na vrou te betaal nie. Vandag is sy bly daaroor, want sy het darem die bewyse wat sy so nodig het.  Net daar tel sy haar rokkie op, en tot almal se groot skok verskyn…

…'n Potplant!

Moontlik verwante inskrywings:

Die ongelooflike filosofiese storie van die halstarrige koejawelpit

Ja, Shakira…

Iemand het jou aan my vasgesweis